Jesaja 63:1-19

  • Jehovah se wraak op nasies (1-6)

  • Jehovah se lojale liefde in verlede (7-14)

  • Gebed van berou (15-19)

63  Wie is dit wat daar uit Edom kom,+uit Bosra+ met helder* klere aan,met pragtige klere aan,wat met groot mag aankom? “Dit is ek, die Een wat met regverdigheid praat,die Een wat groot mag het om te red.”   Hoekom is u klere rooi,en hoekom is u klere soos dié van iemand wat die wynpers trap?+   “Ek het die wynpers alleen getrap. Niemand uit die volke was by my nie. Ek het hulle in my woede bly trap. Ek het hulle bly vertrap in my groot woede.+ Hulle bloed het op my klere gespat,en ek het al my klere gevlek.   Want die dag van wraak is in my hart,+en die jaar van dié wat ek terugkoop, het gekom.   Ek het rondgekyk, maar daar was niemand om te help nie. Ek was geskok dat niemand hulp aangebied het nie. Daarom het my eie arm redding* gebring,+en my woede het my beweeg om op te tree.   Ek het volke in my woede vertrap. Ek het hulle dronk gemaak met my woede+en hulle bloed op die grond laat uitloop.”   Ek sal praat oor Jehovah se dade van lojale liefde,die dade van Jehovah, wat lof verdien,want Jehovah het so baie vir ons gedoen.+ Hy het soveel goeie dinge vir die huis van Israel gedoenweens sy genade en sy groot lojale liefde.   Want hy het gesê: “Hulle is beslis my volk, kinders wat nie dislojaal sal wees nie.”+ Daarom het hy hulle Redder geword.+   Wanneer dit sleg gegaan het met hulle, het hy saam met hulle gely.+ En sy persoonlike boodskapper* het hulle gered.+ Omdat hy vir hulle lief was en vir hulle jammer gevoel het, het hy hulle teruggekoop,+en hy het hulle altyd opgetel en gedra.+ 10  Maar hulle het in opstand gekom+ en sy heilige gees bedroef.+ Toe het Hy hulle vyand geword,+en hy het teen hulle geveg.+ 11  En hulle het aan die dae van lank gelede gedink,die dae van sy kneg Moses: “Waar is die Een wat hulle deur die see gelei het+ saam met die herders van sy kudde?+ Waar is die Een wat Sy heilige gees in hom geplaas het,+ 12  die Een wat Moses* met Sy groot mag* gelei het,+die Een wat die waters voor hulle verdeel het+om vir hom ’n ewige naam te maak,+ 13  die Een wat hulle deur die onstuimige waters* laat trek het,sodat hulle soos ’n perd in die oop veld*geloop het sonder om te struikel? 14  Die gees van Jehovah het hulle laat rus+soos wanneer die kudde na die vallei gaan.” So het u u volk geleiom vir u ’n glorieryke* naam te maak.+ 15  Kyk af uit die hemel. Kyk vanuit u verhewe woning van heiligheid en heerlikheid.* Waar is u ywer en u mag,u diep medelye*+ en genade?+ U weerhou dit van my. 16  Want u is ons Vader.+ Hoewel Abraham ons dalk nie ken nieen Israel ons moontlik nie erken nie,is u, o Jehovah, ons Vader. U naam is: Ons Terugkoper van lank gelede.+ 17  Hoekom, o Jehovah, laat u ons van u weë afdwaal? Hoekom laat u ons hart ongevoelig word, sodat ons u nie vrees nie?+ Keer terug ter wille van u knegte,die stamme van u erfdeel.+ 18  U heilige volk het dit vir ’n kort rukkie besit. Ons teenstanders het u heiligdom vertrap.+ 19  Ons is al te lank soos mense oor wie u nooit regeer het nie,soos mense wat nooit u naam gedra het nie.

Voetnote

Of moontlik “helderrooi”.
Of “oorwinning”.
Of “die engel van sy teenwoordigheid”.
Lett. “die regterhand van Moses”.
Of “glorieryke arm”.
Of “diep waters”.
Of “wildernis”.
Of “pragtige”.
Of “prag”.