Job 18:1-21

  • Bildad praat die tweede keer (1-21)

    • Beskryf lot van sondaars (5-20)

    • Gee te kenne dat Job God nie ken nie (21)

18  Bildad,+ die Suhiet, het toe geantwoord:   “Wanneer gaan jy ophou om so te praat? Toon ’n bietjie insig en dan kan ons praat.   Hoekom moet ons deur jou as diere+en as dom* mense beskou word?   Al verskeur jy jouself in jou woede,die aarde sal nie ter wille van jou verlate word nie,en ’n rots sal ook nie uit sy plek skuif nie.   Ja, die lig van die goddeloses sal doodgaan,en die vlam van sy vuur sal ophou brand.+   Die lig in sy tent sal beslis donker word,en die lamp wat op hom skyn, sal doodgaan.   Sy vinnige treë sal al hoe stadiger word,en sy eie planne sal hom laat val.+   Want sy voete sal hom na ’n vangnet lei,en hy sal daarin beland.   Sy voet sal in ’n strik trap. Hy sal daarin vasgevang word.+ 10  ’n Vangtou lê waar hy dit nie kan sien nie,en ’n strik lê op sy pad. 11  Gevaar dreig aan alle kante,+en dit is kort op sy hakke. 12  Sy krag verdwyn,en rampspoed+ sal hom onvas op sy voete maak.* 13  Sy vel word weggevreet. Die dodelikste siekte verteer sy ledemate. 14  Hy word uit die veiligheid van sy tent weggeruk+en na die koning van verskrikking gesleep.* 15  Vreemdelinge* sal in sy tent woon. Swael sal oor sy huis gestrooi word.+ 16  Onder hom sal sy wortels verdroog,en bo hom sal sy takke verdroog. 17  Mense sal hom heeltemal vergeet,en niemand op straat sal sy naam ken nie. 18  Hy sal van die lig na die duisternis gedryf worden uit die wêreld weggejaag word. 19  Hy sal geen kinders of nageslag onder sy volk hê nie,nie ’n enkele oorlewende in die plek waar hy woon nie. 20  Wanneer sy dag kom, sal die mense in die Weste geskok weesen sal die mense in die Ooste vol vrees wees. 21  Dit is wat gebeur met die tente van ’n oortrederen met die plek van iemand wat God nie ken nie.”

Voetnote

Of moontlik “onrein”.
Of “mank laat loop”.
Of “sterf ’n verskriklike dood”.
Lett. “Iets wat nie syne is nie”.