Job 22:1-30

  • Elifas praat die derde keer (1-30)

    • ‘Kan ’n mens vir God van nut wees?’ (2, 3)

    • Beskuldig Job van gierigheid en onregverdigheid (9)

    • ‘Keer terug na God en dit sal weer goed gaan’ (23)

22  Eʹlifas,+ die Temaniet, het toe geantwoord:   “Kan ’n mens vir God nuttig wees? Kan selfs ’n wyse persoon van enige nut vir hom wees?+   Gee die Almagtige om* dat jy regverdig is,of vind hy daarby baat dat jy ’n weg van integriteit* volg?+   Dink jy hy sal jou strafen voor die hof bring omdat jy hom vrees?   Is dit nie as gevolg van al jou goddeloosheid nieen omdat daar nie ’n einde is aan jou sondes nie?+   Sonder rede vat jy jou broers se besittings as sekuriteit,en jy vat mense se klere en laat hulle kaal agter.*+   Jy gee nie water aan die een wat moeg is nie,en jy gee nie kos aan die een wat honger is nie.+   Die land behoort aan mense met mag,+en die bevoorregtes woon daarin.   Maar jy het weduwees met leë hande weggestuur,en jy het die arms van weeskinders* gebreek. 10  Daarom is daar strikke oral om jou+en word jy deur verskriklike dinge oorval. 11  Daarom is dit so donker dat jy nie kan sien nie,en daarom word jy deur vloedwaters bedek. 12  Is God nie in die hoogste hemele nie? En kyk net hoe hoog is al die sterre. 13  Maar jy het gesê: ‘Wat weet God eintlik? Kan hy deur digte, donker wolke sien om te oordeel? 14  Daar is wolke rondom hom, en hy kan nie daardeur sienterwyl hy in die hoogste hemele* rondloop nie.’ 15  Gaan jy die ou pad volgwat goddelose mense gevolg het? 16  Hulle lewe is kortgeknip,en hulle fondament is deur vloedwaters* weggespoel.+ 17  Hulle het vir die ware God gesê: ‘Los ons uit!’ En hulle het gevra: ‘Wat kan die Almagtige aan ons doen?’ 18  Tog is hy die Een wat hulle huise met goeie dinge gevul het. (Ek stem glad nie saam met sulke goddelose gedagtes nie.) 19  Die regverdiges sal sien hoe hulle vernietig word,en die onskuldiges sal hulle spot en sê: 20  ‘Ons vyande is vernietig,en ’n vuur sal hulle heeltemal verteer.’ 21  Jy moet God leer ken, en dan sal jy vrede hê,en goeie dinge sal op jou pad kom. 22  Aanvaar die wet wat uit sy mond komen bewaar sy woorde in jou hart.+ 23  As jy na die Almagtige terugkeer, sal dit weer met jou goed gaan.+ As jy goddeloosheid uit jou tent verwyder 24  en jou goud in die stof gooien jou suiwerste goud*+ tussen die rotse van die klowe,* 25  dan sal die Almagtige jou goud word,en hy sal jou beste silwer wees. 26  Want dan sal jy vreugde vind in die Almagtige,en jy sal nader aan God kan kom sonder om te vrees. 27  Jy sal hom aanroep, en hy sal na jou luister. En jy sal jou geloftes betaal. 28  Alles wat jy besluit om te doen, sal suksesvol wees,en lig sal op jou pad skyn. 29  Jy sal verneder word as jy hoogmoedig praat,maar hy sal die nederiges red. 30  Hy sal dié red wat onskuldig is. As jy onskuldig is, sal jy beslis gered word.”

Voetnote

Of “Maak dit die Almagtige bly”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Lett. “jy trek die klere van kaal mense uit”.
Lett. “vaderlose seuns”.
Of “op die hemelkoepel”.
Lett. “’n rivier”.
Of “goud van Ofir”.
Of “wadi’s”. Sien Woordelys.