Job 28:1-28

  • Verskille tussen aarde se skatte en wysheid (1-28)

    • Mynbedrywighede (1-11)

    • Wysheid meer werd as pêrels (18)

    • Vrees vir Jehovah is ware wysheid (28)

28  “Daar is ’n plek waar silwer gemyn worden ’n plek waar goud gesuiwer word.+   Yster word uit die grond gehaalen koper word uit klippe gesmelt.*+   Die mens oorwin die donkerte. Hy gaan tot in die verste donker dele van die aardeop soek na metaal.*   Hy sink ’n skag ver van waar mense woon,in vergete plekke, ver van waar mense loop. Party sak met toue af en hang daaraan terwyl hulle werk.   Kos groei op die oppervlak van die aarde,maar onder die grond is daar verwoesting soos deur vuur.*   Daar bevat die klippe saffier,en in die stof is daar goud.   Geen roofvoël weet hoe om daar uit te kom nie,en die oog van die valk het dit nie gesien nie.   Groot diere het nie daar geloop nie,en jong leeus het nie daar gejag nie.   Die mens breek die harde klip. Hy keer die dieptes van die berge om. 10  Hy sny waterkanale+ uit die rots. Sy oë sien elke kosbare ding raak. 11  Hy dam die ondergrondse water op by hulle oorsprong,en bring verborge dinge na die lig. 12  Maar wysheid – waar kan dit gevind word?+ En waar is die bron van insig?+ 13  Mense weet nie hoe waardevol dit is nie,+en dit kan nie in die land van die lewendes gevind word nie. 14  Die diep water sê: ‘Dit is nie in my nie!’ En die see sê: ‘Dit is nie by my nie!’+ 15  Dit kan nie met suiwer goud gekoop word nie,en silwer kan nie daarvoor afgeweeg word nie.+ 16  Dit kan nie met goud van Ofir+ gekoop word nie,en ook nie met kosbare oniksstene en saffiere nie. 17  Goud en glas kan nie daarmee vergelyk word nie,en ’n voorwerp van suiwer goud kan nie in ruil daarvoor gegee word nie.+ 18  Koraal en kristal kan nie daarmee vergelyk word nie,+want ’n sak vol wysheid is meer werd as ’n sak vol pêrels. 19  Die topaas+ van Kus kan nie daarmee vergelyk word nie. Dit kan nie eers met suiwer goud gekoop word nie. 20  Maar waar kom wysheid vandaan? En waar is die bron van insig?+ 21  Nie ’n enkele lewende ding kan dit sien nie.+ Dit is weggesteek vir die voëls van die hemel. 22  Vernietiging en die dood sê: ‘Ons het maar net daarvan gehoor.’ 23  Maar God weet waar om dit te vind. Hy is die enigste een wat weet waar dit woon,+ 24  want hy sien tot aan die eindes van die aardeen hy sien alles onder die hemel.+ 25  Hy het die krag van die wind vasgestel+en die waters afgemeet.+ 26  Hy het wette gemaak vir die reën,+en ’n weg vir die donderwolk.+ 27  Op daardie tyd het hy wysheid gesien en verduidelik wat dit is. Hy het dit stewig gevestig en dit ondersoek. 28  En hy het vir die mens gesê: ‘Vrees vir Jehovah – dit is wysheid.+ En om slegte dinge te vermy, is insig.’”+

Voetnote

Lett. “gegiet”.
Of “erts”. Lett. “klip”.
Verwys blykbaar na mynbedrywighede.