Job 3:1-26
3 Toe het Job begin praat en die dag vervloek waarop hy gebore is.*+
2 Job het gesê:
3 “Die dag waarop ek gebore is,+ moes nooit aangebreek het nie,ook nie die nag toe iemand gesê het: ‘’n Seuntjie is gebore!’ nie.
4 Daardie dag moes donker gebly het.
God daar bo moes hom nie daaraan gesteur het nie.Geen lig moes daarop geskyn het nie.
5 Mag die diepste donkerte* dit terugeis.
Mag ’n reënwolk daaroor hang.
Mag ’n verskriklike donkerte daaroor kom.
6 Mag donkerheid daardie nag wegneem.+
Mag dit nie onder die dae van die jaar getel worden een van die dae van die maande wees nie.
7 Ja! Mag daardie nag onvrugbaar word.
Mag geen vreugdevolle uitroep daarin gehoor word nie.
8 Mag dit vervloek word deur mense wat dae vervloek,deur mense wat die Leviaʹtan*+ wakker kan maak.
9 Mag die sterre van sy skemer donker word.
Mag dit tevergeefs op die daglig wagen nie die strale van die dagbreek sien nie.
10 Want dit het nie gekeer dat ek gebore word+en dat ek swaarkry nie.
11 Hoekom het ek nie by geboorte gesterf nie?
Hoekom het ek nie gesterf toe ek uit die baarmoeder gekom het nie?+
12 Hoekom was daar knieë om my op neer te siten borste om my te voed?
13 Want anders sou ek in vrede gelê het+en rustig geslaap het+
14 saam met konings van die aarde en hulle raadgewers,wat vir hulle plekke gebou het wat nou verwoes is,*
15 of saam met prinse wat goud besit het,wie se huise vol silwer was.
16 Of hoekom was ek nie soos ’n doodgebore baba nie,soos kinders wat nooit die lig gesien het nie?
17 In die graf het selfs die goddeloses vrede,en dié wat moeg is, vind daar rus.+
18 Daar geniet al die gevangenes vrede.
Hulle hoor nie die stem van die een wat hulle dwing om te werk nie.
19 Daar is klein en groot gelyk,+en die slaaf het nie meer ’n meester nie.
20 Hoekom gee God lig aan die een wat ly,en lewe aan mense wat bitter swaarkry?+
21 Hoekom kan mense wat smag na die dood, nie net doodgaan nie?+
Hulle soek daarna, meer as na versteekte skatte.
22 Hulle is vol vreugdeen is bly wanneer hulle die graf vind.
23 Hoekom gee God lig aan ’n man wat geen uitweg kan sien nie,aan ’n man wat deur God vasgekeer is?+
24 Ek sug so baie, dit is soos my kos,+en my gekreun+ is soos water wat aanhou loop.
25 Want wat ek gevrees het, het oor my gekom,en die dinge waarvoor ek bang was, het my getref.
26 Ek het geen vrede, geen stilte, geen rus nie,maar die probleme word net meer.”
Voetnote
^ Lett. “sy dag vervloek”.
^ Of “donkerte en doodskaduwee”.
^ Verwys blykbaar na die krokodil of ’n ander groot, sterk waterdier.
^ Of moontlik “wat vir hulle verlate plekke gebou het”.