Job 36:1-33
36 Eliʹhu het verder gesê:
2 “Wees nog ’n rukkie geduldig met my terwyl ek verduidelik,want daar is nog dinge wat ek namens God moet sê.
3 Ek sal alles sê wat ek weet,en ek sal bewys dat my Maker+ regverdig is.
4 Wat ek sê, is beslis nie ’n leuen nie.
Dit kom van Hom wat volmaakte kennis het.+
5 Kyk! God is magtig+ en verwerp niemand nie.
Hy het baie insig.
6 Hy sal nie goddelose mense se lewe spaar nie,+maar hy sorg dat dié wat ly, geregtigheid kry.+
7 Sy oë is altyd op die regverdiges.+
Hy laat hulle as konings op die troon sit,*+ en hulle word vir ewig geëer.
8 Maar as hulle met kettings gebind worden in toue van lyding vasgevang word,
9 dan openbaar hy aan hulle wat hulle gedoen het,hoe hulle oortree het weens hulle trots.
10 Hy maak hulle ore oop vir dissiplineen sê vir hulle om op te hou doen wat verkeerd is.+
11 As hulle gehoorsaam is en hom dien,sal die res van hulle lewe voorspoedig wees,en hulle jare sal aangenaam wees.+
12 Maar as hulle nie gehoorsaam is nie, sal hulle deur die swaard*+ sterfen sonder kennis doodgaan.
13 Die goddeloses* sal kwaad word.
Selfs wanneer hy hulle straf, roep hulle nie om hulp nie.
14 Hulle sterf terwyl hulle nog jonk is,+en bring hulle lewe deur* saam met manlike tempelprostitute.+
15 Maar in moeilike tye red God dié wat ly.
Hy maak hulle ore oop wanneer hulle verdruk word.
16 Hy lei jou uit rampspoed+na ’n groot plek, waar daar vryheid is,+en daar sal ryk kos op jou tafel wees om jou te vertroos.+
17 Dan sal jy tevrede wees met die oordeel wat die goddeloses ontvang,+wanneer hulle geoordeel word en geregtigheid hulle inhaal.
18 Maar pasop dat woede jou nie gemeen laat word nie,+en moenie dat ’n groot omkoopgeskenk jou mislei nie.
19 Sal jou geroep om hulpof enige inspanning van jou kant keer dat jy ly?+
20 Moenie na die nag verlang,wanneer mense uit hulle plek verdwyn nie.
21 Pasop dat jy nie verkeerde dinge begin doenomdat jy nie langer wil swaarkry nie.+
22 Kyk! God het groot mag.
Watter onderrigter is soos hy?
23 Wie het vir hom gesê wat om te doen*+of vir hom gesê: ‘Wat u gedoen het, is verkeerd’?+
24 Onthou om hom te loof vir sy dade,+dade waaroor mense al gesing het.+
25 Die hele mensdom het dit gesien.
Mense kyk van ver af daarna.
26 Ja, ons kan nie begryp hoe groot God is nie.+
Ons kan nie verstaan hoe oud hy is nie.+
27 Hy trek die waterdruppels op,+en dit kondenseer en vorm mis en reën.
28 Dit stroom uit die wolke,+en reën val op die mensdom.
29 Kan enigiemand die wolklae verstaan,die donderslae vanuit sy tent?+
30 Kyk hoe hy sy weerlig*+ daaroor uitspreien die dieptes van die see bedek.
31 So sorg hy vir* die volke.
Hy gee hulle kos in oorvloed.+
32 Hy hou die weerlig in sy hande,en gooi dit af op sy teiken.+
33 Sy donderslae kondig hom aan.
Selfs die vee sê wie* op pad is.
Voetnote
^ Of moontlik “Hy plaas konings op die troon”.
^ Of “’n wapen (spies)”.
^ Of “afvalliges”.
^ Of moontlik “en hulle lewe eindig”.
^ Of moontlik “Wie het hom gekritiseer; rekenskap van hom geëis”.
^ Lett. “lig”.
^ Of moontlik “So verdedig hy”.
^ Of moontlik “wat”.