Job 38:1-41
38 Toe het Jehovah Job uit die windstorm geantwoord:+
2 “Wie is dit wat die manier waarop ek dinge doen, bevraagtekenen wat sonder kennis praat?+
3 Maak jou asseblief gereed, soos ’n man.
Ek gaan vir jou vrae vra, en jy moet my antwoord.
4 Waar was jy toe ek die fondamente van die aarde gelê het?+
Vertel my, as jy dink dat jy insig het.
5 Wie het sy afmetings bepaal? Weet jy miskien?
Of wie het dit met ’n maatlyn gemeet?
6 Waarop staan sy voetstukke,of wie het sy hoeksteen gelê?+
7 Toe het die môresterre+ saam van vreugde uitgeroep,en al die seuns van God*+ het begin juig.
8 En wie het die see agter deure geplaas+toe dit gebore is,
9 toe ek dit met wolke gekleeen in digte donkerte toegedraai het,
10 toe ek met deure en grendelsperke daarvoor gestel het?+
11 Ek het toe gesê: ‘Tot hier mag jy kom, en nie verder nie.
Hier sal jou trotse golwe stop.’+
12 Het jy al ooit die oggend beveel om te komof vir die dagbreek gesê waar dit moet verskyn,+
13 sodat dit oor die aarde kan verspreien die goddeloses kan verdryf?+
14 Dit verander soos klei onder ’n seël,en alles daarop word sigbaar soos die versierings op ’n kledingstuk.
15 Maar die lig van die goddeloses word weggeneem,en hulle hou op om geweld te pleeg.*
16 Het jy afgegaan na die bronne van die see,of die diep waters verken?+
17 Is die poorte van die dood+ aan jou geopenbaar,of het jy die poorte van diep duisternis*+ gesien?
18 Besef jy hoe groot die aarde is?+
Vertel my, as jy dit alles weet.
19 Waar kom die lig vandaan?+
En waar is die woonplek van die donkerte?
20 Kan jy dit na sy gebied neem?
En ken jy die paaie na sy huis?
21 Weet jy dit omdat jy reeds gebore was toe ek alles geskep heten omdat jy baie oud is?
22 Het jy in die stoorkamers van die sneeu ingegaan+of die stoorkamers van die hael gesien,+
23 wat ek gehou het vir die tyd van groot moeilikheid,vir die dag van oorlog en vir die geveg?+
24 Van waar af word die lig* verspreien van waar af waai die oostewind oor die aarde?+
25 Wie het ’n kanaal vir die vloedwaters gemaak,en ’n pad vir die donderwolk,+
26 om dit te laat reën waar niemand woon nie,in die wildernis waar daar geen mense is nie,+
27 om verwoeste wildernisse te versadigen gras te laat groei?+
28 Het die reën ’n vader,+of wie het die doudruppels+ in die wêreld gebring?
29 Wie het die ys voortgebring,en wie het aan die ryp van die hemel+ geboorte gegee?
30 Wie laat die boonste laag van die waters so hard word soos klipen die oppervlak van die diep waters kliphard vries?+
31 Kan jy die bande van die Kima-sterrebeeld* vasbind
of die toue van die Kesil-sterrebeeld* losmaak?+
32 Kan jy ’n sterrebeeld* op sy vasgestelde tyd uitbringof die Asj-sterrebeeld* lei?
33 Ken jy die wette wat die hemele beheer,+of kan jy hulle* gesag op die aarde laat geld?
34 Kan jy die wolke beveelom stortreën op jou te laat val?+
35 Kan jy weerligstrale uitstuur?
Sal hulle vir jou kom sê: ‘Hier is ons’?
36 Wie het wysheid in die wolke* geplaas+of verstand aan die wonderlike dinge in die hemel gegee?*+
37 Wie is wys genoeg om die wolke te tel,of wie kan die waterkruike van die hemel omkeer?+
38 Wie laat die stof in modder veranderen die grondkluite aan mekaar vassit?
39 Kan jy vir ’n leeu sy prooi vangof vir jong leeus genoeg gee om te eet+
40 wanneer hulle in hulle skuilplekke lê en wagof in hulle wegkruipplekke gereedmaak om aan te val?
41 Wie gee vir die kraai kos+wanneer sy kleintjies na God roepen ronddwaal omdat daar niks is om te eet nie?
Voetnote
^ ’n Hebreeuse uitdrukking wat na die engele verwys.
^ Lett. “die hoë arm word gebreek”.
^ Of “van doodskaduwee”.
^ Of moontlik “weerlig”.
^ Verwys moontlik na die Plejades-sterregroep in die Bul-sterrebeeld.
^ Verwys moontlik na die Orion-sterrebeeld.
^ Lett. “Massarot”. In 2Kn 23:5 verwys ’n verwante woord in die meervoud na die sterrebeelde van die diereriem.
^ Verwys moontlik na die Groot Beer-sterrebeeld (Ursa Major).
^ Of moontlik “Sy”.
^ Of moontlik “in die mens”.
^ Of moontlik “insig aan die verstand gegee”.