Jona 2:1-10

  • Jona se gebed binne-in vis (1-9)

  • Jona op droë grond uitgebraak (10)

2  Toe het Jona uit die vis se maag tot Jehovah sy God gebid+  en gesê: “Toe ek in die nood was, het ek tot Jehovah geroep, en hy het my geantwoord.+ Uit die dieptes* van die Graf* het ek om hulp geroep.+ U het my stem gehoor.   Toe u my in die dieptes gegooi het, in die hart van die oop see,het die strome my ingesluk.+ Al u branders en golwe het oor my gespoel.+   En ek het gesê: ‘U het my voor u oë verdryf! Hoe sal ek u heilige tempel weer sien?’   Waters het my ingesluk, en my lewe was in gevaar.+ Die waterdiepte het my toegevou. Seegras was om my kop gedraai.   Na die voet van die berge het ek neergedaal. Die deure van die aarde was besig om vir ewig bo my toe te maak. Maar u het my lewe uit die graf opgetrek, o Jehovah my God.+   Toe ek besig was om te vergaan, het ek aan Jehovah gedink.+ Toe het my gebed u bereik in u heilige tempel.+   Dié wat aan die waardelose afgode toegewy is, verlaat hulle bron van lojale liefde.*   Maar ek sal offerandes aan u bring deur u te dank. Ek sal doen wat ek belowe het.+ Redding kom van Jehovah.”+ 10  Ná ’n ruk het Jehovah die vis ’n bevel gegee, en hy het Jona op die droë grond uitgebraak.

Voetnote

Lett. “maag”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of moontlik “hulle lojaliteit”.