Josua 11:1-23

  • Stede in noorde ingeneem (1-15)

  • Opsomming van Josua se oorwinnings (16-23)

11  Toe koning Jabin van Hasor daarvan gehoor het, het hy ’n boodskap gestuur aan koning Jobab van Madon,+ sowel as aan die koning van Simron, die koning van Agsaf,+  die konings in die noordelike bergstreek, die konings in die vlaktes* suid van Kinneʹret, die konings in die Sjefeʹla en op die heuwelhange van Dor+ in die weste,  die Kanaäniete+ in die ooste en die weste, die Amoriete,+ die Hetiete, die Perissiete, die Jebusiete in die bergstreek en die Hewiete+ aan die voet van Hermon+ in die land Mispa.  Toe het hulle met hulle leërmagte uitgegaan, ’n groot skare wat so baie was soos die sandkorrels op die strand, saam met ’n baie groot aantal perde en strydwaens.  Al hierdie konings het ingestem om bymekaar te kom, en hulle het saam by die waters van Merom kamp opgeslaan om teen Israel te veg.  Toe het Jehovah vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie,+ want omtrent hierdie tyd môre sal ek hulle aan Israel oorlewer en sal hulle almal dood wees. Julle moet hulle perde se hakskeensenings afsny+ en hulle strydwaens verbrand.”  Josua en al die vegters het hulle toe onverwags aangeval by die waters van Merom.  Jehovah het hulle in Israel se hand gegee,+ en hulle het hulle verslaan en hulle agternagesit tot by Groot-Sidon+ en Misʹrefot-Maʹim+ en die Vallei van Mispe in die ooste, en hulle het hulle doodgemaak totdat daar nie ’n enkele oorlewende oorgebly het nie.+  Josua het toe met hulle gedoen net soos Jehovah vir hom gesê het. Hy het hulle perde se hakskeensenings afgesny en hulle strydwaens verbrand.+ 10  Josua het toe na Hasor teruggekeer en dit ingeneem, en hy het die koning daarvan met die swaard doodgemaak,+ want Hasor was voorheen die hoof van al hierdie koninkryke. 11  Hulle het al die inwoners* daarvan met die swaard doodgemaak en hulle heeltemal vernietig.+ Niks wat asemhaal, is gespaar nie.+ Toe het hy Hasor afgebrand. 12  Josua het al die stede van hierdie konings ingeneem en al hulle konings met die swaard doodgemaak.+ Hy het hulle vernietig,+ net soos Moses die kneg van Jehovah beveel het. 13  Maar Israel het nie enige van die stede afgebrand wat op ’n heuwel gestaan het nie, behalwe Hasor. Dit was die enigste een wat Josua afgebrand het. 14  Die Israeliete het al die buit van hierdie stede sowel as die vee vir hulleself gevat.+ Maar hulle het elke mens met die swaard doodgemaak,+ totdat hulle almal uitgeroei het. Hulle het niemand gespaar nie.+ 15  Al die instruksies wat Jehovah aan sy kneg Moses gegee het, het Moses aan Josua oorgedra,+ en Josua het dit uitgevoer. Daar was nie ’n enkele instruksie wat Jehovah aan Moses gegee het wat Josua nie uitgevoer het nie.+ 16  Josua het hierdie hele land verower, naamlik die bergstreek, die hele Negeb,+ die hele land Gosen, die Sjefeʹla,+ die Aʹraba+ en die bergstreek van Israel en sy voetheuwels,* 17  van die berg Halak af, wat naby Seïr is, en tot by Baäl-Gad+ in die Liʹbanon-vallei aan die voet van die berg Hermon,+ en hy het al hulle konings verslaan en hulle doodgemaak. 18  Josua het ’n hele ruk lank teen al hierdie konings oorlog gevoer. 19  Daar was nie ’n enkele stad wat vrede gemaak het met die Israeliete nie, behalwe die Hewiete wat in Giʹbeon gewoon het.+ Hulle het al die ander stede met geweld oorgeneem.+ 20  Dit was Jehovah wat hulle toegelaat het om hardkoppig te word+ en om oorlog teen Israel te voer, sodat hy hulle kon vernietig sonder om enige genade aan hulle te betoon.+ Hulle moes vernietig word, net soos Jehovah Moses beveel het.+ 21  In daardie tyd het Josua die Enakiete+ uitgeroei in die bergstreek, in Heʹbron, Debir, Anab en die hele bergstreek van Juda en die hele bergstreek van Israel. Josua het hulle en hulle stede vernietig.+ 22  Daar het geen Enakiete in die land van die Israeliete oorgebly nie.+ Hulle het net in Gasa,+ Gat+ en Asdod+ oorgebly. 23  So het Josua beheer verkry oor die hele land, net soos Jehovah Moses belowe het,+ en toe het Josua vir elke stam van Israel die deel van die land gegee wat hulle as ’n erfdeel moes kry.+ En die land het vrede gehad, en daar was nie oorlog nie.+

Voetnote

Of “Araba”.
Of “al die siele”.
Of “Sjefela”.