Josua 12:1-24

  • Konings oos van Jordaan verslaan (1-6)

  • Konings wes van Jordaan verslaan (7-24)

12  En dít is die konings van die land wat die Israeliete verslaan het, wie se land hulle in besit geneem het aan die oostekant van die Jordaanrivier, van die Arnon-vallei*+ af tot by die berg Hermon+ en die hele Aʹraba in die ooste:+  Die een was koning Sihon+ van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het en wat regeer het oor Aʹroër,+ aan die rand van die Arnon-vallei,*+ en oor die gebied van die middel van die vallei af tot by die Jabbok-vallei* en oor die helfte van Giʹlead. (Die Jabbok-stroom was die grens van die Ammoniete.)  Hy het ook regeer oor die Aʹraba tot by die Kinneʹret-see*+ in die ooste en tot by die See van die Aʹraba, die Soutsee,* aan die oostekant in die rigting van Bet-Jeʹsimot, en tot in die suide onder die hange van Pisga.+  Die ander een was koning Og+ van Basan, een van die laaste Refaïete,+ wat in Asʹtarot en Edreʹï gewoon het.  Hy het regeer oor die gebied van die berg Hermon, oor Salka en oor die hele Basan,+ tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete,+ sowel as oor die helfte van Giʹlead, tot by die gebied van koning Sihon van Hesbon.+  Moses die kneg van Jehovah en die Israeliete het hulle verslaan,+ en daarna het Moses, die kneg van Jehovah, hulle land aan die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse as ’n besitting gegee.+  Josua en die Israeliete het die konings aan die westekant van die Jordaanrivier verslaan, van Baäl-Gad+ af in die Liʹbanon-vallei+ tot by die berg Halak,+ wat naby Seïr+ is. Daarna het Josua vir elke stam van Israel die deel van die land gegee wat hulle as ’n besitting moes kry+  in die bergstreek, die Sjefeʹla, die Aʹraba, die heuwelhange, die wildernis en die Negeb,+ dit wil sê die land van die Hetiete, die Amoriete,+ die Kanaäniete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete,+ en dít was hulle konings:   Die koning van Jeʹrigo,+ die koning van Ai,+ wat langs Bet-El was, 10  die koning van Jerusalem, die koning van Heʹbron,+ 11  die koning van Jarmut, die koning van Lagis, 12  die koning van Eglon, die koning van Geser,+ 13  die koning van Debir,+ die koning van Geder, 14  die koning van Horma, die koning van Arad, 15  die koning van Libna,+ die koning van Adulʹlam, 16  die koning van Makkeʹda,+ die koning van Bet-El,+ 17  die koning van Tappuʹag, die koning van Hefer, 18  die koning van Afek, die koning van Lassaʹron, 19  die koning van Madon, die koning van Hasor,+ 20  die koning van Simron-Meron, die koning van Agsaf, 21  die koning van Taʹänag, die koning van Megidʹdo, 22  die koning van Kedes, die koning van Jokʹneam+ by die berg Karmel, 23  die koning van Dor op die heuwelhange van Dor,+ die koning van Gojim in Gilgal 24  en die koning van Tirsa. Daar was altesaam 31 konings.

Voetnote

Of “wadi Arnon”. Sien Woordelys.
Of “wadi Arnon”. Sien Woordelys.
Of “wadi Jabbok”. Sien Woordelys.
Die Dooie See.
Die Meer van Gennesaret, of die See van Galilea.