Josua 15:1-63

  • Juda se erfdeel (1-12)

  • Kaleb se dogter ontvang grond (13-19)

  • Stede van Juda (20-63)

15  Die land wat aan die families van die stam van Juda toegewys is,*+ het gestrek tot by die grens van Edom,+ die wildernis Zin, tot by die suidelike punt van die Negeb.  Hulle suidelike grens was van die verste punt van die Soutsee,*+ van die suidelike baai af.  En dit het suidwaarts verby die opdraand van Akrabʹbim+ na Zin gestrek. Dit het van die suide opgegaan na Kaʹdes-Barneʹa,+ toe na Hesron en op na Addar, en dit het met ’n draai na Karka gegaan.  Toe het dit verder gestrek na Asmon+ en na die Vallei* van Egipte,+ en die grens het geëindig by die See.* Dit was hulle suidelike grens.  Die oostelike grens is gevorm deur die Soutsee* tot by die monding van die Jordaanrivier, en die grens by die noordelike hoek was by die baai van die see, by die monding van die Jordaanrivier.+  Die grens het na Bet-Hogla opgegaan+ en noord van Bet-Aʹraba gegaan,+ en dit het opgegaan na die klip van Bohan,+ die seun van Ruben.  Die grens het opgegaan na Debir by die Agor-vallei+ en het noordwaarts na Gilgal+ gegaan, wat voor die opdraand van Adumʹmim is wat suid van die vallei* is, en die grens het na die waters van En-Semes geloop+ en by En-Rogel+ geëindig.  Die grens het opgegaan na die Vallei van die Seun van Hinnom,+ na die suidelike helling van Jebus,*+ dit wil sê Jerusalem,+ en die grens het opgegaan na die spits van die berg wat op die Hinnom-vallei in die weste uitkyk, wat aan die noordelike end van die Refaʹim-vallei is.  En die grens het geloop van die spits van die berg af na die fontein van die waters van Neftoʹag+ en het verder geloop na die stede van die berg Efron, en na Baʹäla, dit wil sê Kirʹjat-Jeaʹrim.+ 10  Die grens het van Baʹäla af weswaarts met ’n draai na die berg Seïr gegaan en het na die noordelike hang van die berg Jeaʹrim, dit wil sê Keʹsalon, geloop, en dit het na Bet-Semes+ afgegaan en na Timna+ geloop. 11  En die grens het na die noordelike helling van Ekron+ geloop, en verder na Sikʹkeron en het oor die berg Baʹäla geloop na Jabʹneël, en die grens het by die see geëindig. 12  Die westelike grens was by die Grootsee*+ en sy kus. Dit was die grense van die families van die stam van Juda. 13  En Josua het aan Kaleb,+ die seun van Jefunʹne, ’n aandeel onder die nakomelinge van Juda gegee, soos Jehovah hom beveel het, naamlik Kirjat-Arba (Arba was die vader van Enak), dit wil sê Heʹbron.+ 14  Toe het Kaleb die drie seuns van Enak daaruit verdryf:+ Sesai, Ahiʹman en Talmai.+ 15  Daarna het hy teen die inwoners van Debir opgetrek.+ (Die naam van Debir was voorheen Kirjat-Sefer.) 16  Kaleb het toe gesê: “Ek sal my dogter Agsa as vrou gee aan die man wat Kirjat-Sefer verslaan en inneem.” 17  En Otʹniël,+ die seun van Kenas,+ Kaleb se broer, het dit ingeneem. Daarom het Kaleb sy dogter Agsa+ aan hom as vrou gegee. 18  Op pad huis toe het sy by hom aangedring om haar pa vir ’n stuk grond te vra. Toe het sy van haar donkie afgeklim.* Kaleb het haar gevra: “Wat wil jy hê?”+ 19  Sy het gesê: “Seën my asseblief met ’n geskenk, want Pa het vir my ’n stuk grond in die suide* gegee. Gee vir my ook Gullot-Maim.”* Toe het hy vir haar Bo-Gullot en Onder-Gullot gegee. 20  Dit was die erfdeel van die families van die stam van Juda. 21  Die stede aan die verste punt van die stam van Juda naby die grens van Edom+ in die suide was: Kabʹseël, Eder, Jagur, 22  Kina, Dimoʹna, Adaʹda, 23  Kedes, Hasor, Jitnan, 24  Sif, Telem, Beʹalot, 25  Haʹsor-Hadatʹta, Keʹrijot-Hesʹron, dit wil sê Hasor, 26  Amam, Sema, Moʹlada,+ 27  Hasar-Gadda, Hesmon, Bet-Pelet,+ 28  Hasar-Sual, Berseʹba,+ Bisjotʹja, 29  Baʹäla, Ijjim, Esem, 30  Elʹtolad, Kesil, Horma,+ 31  Siklag,+ Madmanʹna, Sansanʹna, 32  Lebaʹot, Silhim, Ajin en Rimmon+ – altesaam 29 stede en die omliggende dorpies. 33  In die Sjefeʹla+ was daar: Estaʹol, Sora,+ Asna, 34  Sanoʹag, En-Gannim, Tappuʹag, Enam, 35  Jarmut, Adulʹlam,+ Sogo, Aseʹka,+ 36  Saäraʹim,+ Aditaʹim, Gedeʹra en Gederotaʹim* – 14 stede en die omliggende dorpies. 37  Senan, Hadaʹsa, Migdal-Gad, 38  Diʹlean, Mispe, Jokʹteël, 39  Lagis,+ Boskat, Eglon, 40  Kabbon, Lagmam, Kitlis, 41  Gedeʹrot, Bet-Dagon, Naäma en Makkeʹda+ – 16 stede en die omliggende dorpies. 42  Libna,+ Eter, Asan,+ 43  Jiftag, Asna, Nesib, 44  Kehiʹla, Agsib en Mareʹsa – nege stede en die omliggende dorpies. 45  Ekron en sy afhanklike* dorpe en sy dorpies, 46  van Ekron af weswaarts, alles langs Asdod en die omliggende dorpies. 47  Asdod,+ sy afhanklike* dorpe en sy dorpies, Gasa,+ sy afhanklike dorpe en sy dorpies, tot by die Vallei* van Egipte, die Grootsee* en die aangrensende gebied.+ 48  En in die bergstreek: Samir, Jattir,+ Sogo, 49  Danna, Kirjat-Sanna, dit wil sê Debir, 50  Anab, Esteʹmo,+ Anim, 51  Gosen,+ Holon en Gilo+ – 11 stede en die omliggende dorpies. 52  Arab, Duma, Esan, 53  Janim, Bet-Tappuʹag, Afeʹka, 54  Humta, Kirjat-Arba, dit wil sê Heʹbron,+ en Sior – nege stede en die omliggende dorpies. 55  Maon,+ Karmel, Sif,+ Jutta, 56  Jisʹreël, Jokʹdeam, Sanoʹag, 57  Kajin, Giʹbea en Timna+ – tien stede en die omliggende dorpies. 58  Halhul, Bet-Sur, Gedor, 59  Maʹärat, Bet-Anot en Elʹtekon – ses stede en die omliggende dorpies. 60  Kirjat-Baäl, dit wil sê Kirʹjat-Jeaʹrim,+ en Rabba – twee stede en die omliggende dorpies. 61  In die wildernis: Bet-Aʹraba,+ Middin, Segaʹga, 62  Nibsan, die Soutstad en En-Gedi+ – ses stede en die omliggende dorpies. 63  Maar die manne van Juda kon nie die Jebusiete+ in Jerusalem+ verdryf nie,+ en daarom woon die Jebusiete vandag nog in Jerusalem onder die volk van Juda.

Voetnote

Of “deur middel van die lot toegewys is”.
Die Dooie See.
Of “Wadi”. Sien Woordelys.
Die Grootsee, die Middellandse See.
Die Dooie See.
Of “wadi”. Sien Woordelys.
Lett. “die Jebusiet”.
Die Middellandse See.
Of moontlik “haar hande geklap terwyl sy op die donkie was”.
Of “Negeb”.
Beteken “komme (bakke) water”.
Of moontlik “Gedera en sy skaapkrale”.
Of “omliggende”.
Of “omliggende”.
Of “Wadi”. Sien Woordelys.
Die Middellandse See.