Josua 16:1-10

  • Erfdeel van Josef se nakomelinge (1-4)

  • Efraim se erfdeel (5-10)

16  En die land wat deur middel van die lot+ aan die nakomelinge van Josef+ toegewys is, het gestrek vanaf die Jordaanrivier by Jeʹrigo tot by die waters oos van Jeʹrigo, deur die wildernis wat van Jeʹrigo af tot in die bergstreek van Bet-El strek.+  Dit het van Bet-El af gestrek, wat aan Lus behoort, na die grens van die Arkiete by Aʹtarot,  en toe het dit weswaarts na die grens van die Jafletiete afgegaan tot by die grens van Onder-Bet-Horon+ en Geser,+ en dit het by die see geëindig.  Josef se nakomelinge,+ Manasʹse en Eʹfraim, het hulle grond toe in besit geneem.+  Die grens van die families van die stam van Eʹfraim was soos volg: Die grens van hulle erfdeel in die ooste was Aʹtarot-Adʹdar+ tot by Bo-Bet-Horon,+  en die grens het tot by die see gestrek. Migʹmetat+ was in die noorde, en die grens het met ’n draai ooswaarts na Taʹänat-Siʹlo en verder oos na Janoʹag geloop.  Toe het dit van Janoʹag na Aʹtarot en Naʹära afgegaan, verby Jeʹrigo,+ tot by die Jordaanrivier.  Van Tappuʹag+ af het die grens verder weswaarts na die vallei van Kana* geloop, en dit het by die see geëindig.+ Dit is die erfdeel van die families van die stam van Eʹfraim.  Die nakomelinge van Eʹfraim het stede met omliggende dorpies binne die erfdeel van Manasʹse gehad.+ 10  Maar hulle het nie die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie,+ en die Kanaäniete woon vandag nog onder Eʹfraim+ en is gedwing om as slawe te werk.+

Voetnote

Of “wadi van Kana”. Sien Woordelys.