Josua 17:1-18

  • Manasse se erfdeel in weste (1-13)

  • Nog land vir Josef se nakomelinge (14-18)

17  Toe het die lot+ vir die stam van Manasʹse+ geval, want hy was Josef se eersgeborene.+ Omdat Magir,+ die eersgeborene van Manasʹse en die pa van Giʹlead, ’n goeie vegter was, het hy Giʹlead en Basan ontvang.+  En die lot het vir die res van die families van die stam van Manasʹse geval, vir die seuns van Abiëser,+ die seuns van Helek, die seuns van Asʹriël, die seuns van Sigem, die seuns van Hefer en die seuns van Semiʹda. Dit was die nakomelinge van Manasʹse, die seun van Josef, die mans volgens hulle families.+  Maar Selofʹhad,+ die seun van Hefer, die seun van Giʹlead, die seun van Magir, die seun van Manasʹse, het nie seuns gehad nie, net dogters, en dít was die name van sy dogters: Magla, Noa, Hogla, Milka en Tirsa.  Toe het hulle voor die priester Eleaʹsar,+ Josua, die seun van Nun, en die hoofmanne verskyn en gesê: “Dit was Jehovah wat Moses beveel het om ons ’n erfdeel onder ons broers te gee.”+ Daarom het hy hulle, op Jehovah se bevel, ’n erfdeel onder hulle pa se broers gegee.+  Behalwe die land Giʹlead en Basan, wat aan die ander kant* van die Jordaanrivier is, het Manasʹse nog tien ander toegewese dele ontvang,+  want die dogters van Manasʹse het ’n erfdeel saam met sy seuns ontvang, en die land Giʹlead het die eiendom van die res van die nakomelinge van Manasʹse geword.  En die grens van Manasʹse was van Aser tot by Migʹmetat,+ wat oorkant Sigem+ is, en die grens het suidwaarts* geloop tot by die land van die inwoners van En-Tappuʹag.  Die land van Tappuʹag+ het Manasʹse s’n geword, maar die stad Tappuʹag op die grens van Manasʹse het aan die nakomelinge van Eʹfraim behoort.  En die grens het suid van die vallei van Kana* geloop. Daar was stede van Eʹfraim tussen die stede van Manasʹse,+ en die grens van Manasʹse was noord van die vallei,* en dit het by die see geëindig.+ 10  Die suidelike deel daarvan het aan Eʹfraim behoort, en die noordelike deel aan Manasʹse, en die see was die grens.+ In die noorde het Manasʹse se gebied* tot by Aser gestrek, en in die ooste tot by Isʹsaskar. 11  In die gebiede van Isʹsaskar en Aser het Manasʹse Bet-Sean en sy afhanklike* dorpe, Jibʹleam+ en sy afhanklike dorpe, die inwoners van Dor+ en sy afhanklike dorpe, die inwoners van En-Dor+ en sy afhanklike dorpe, die inwoners van Taʹänag+ en sy afhanklike dorpe en die inwoners van Megidʹdo en sy afhanklike dorpe ontvang – drie heuwelgebiede. 12  Maar die nakomelinge van Manasʹse kon nie hierdie stede in besit neem nie. Die Kanaäniete het in hierdie land bly woon.+ 13  Toe die Israeliete ’n sterk volk geword het, het hulle die Kanaäniete gedwing om as slawe te werk,+ maar hulle het hulle nie heeltemal verdryf nie.+ 14  Die nakomelinge van Josef het vir Josua gesê: “Hoekom het u ons* net een lot+ en een erfdeel gegee? Ons is ’n groot volk, want Jehovah het ons tot nou toe geseën.”+ 15  Josua het vir hulle gesê: “As julle so ’n groot volk is en die bergstreek van Eʹfraim+ vir julle te klein is, moet julle dan na die woud gaan en vir julle daar ’n plek uitkap in die land van die Perissiete+ en die Refaïete.”+ 16  Toe het die nakomelinge van Josef gesê: “Die bergstreek is nie vir ons genoeg nie, en al die Kanaäniete wat in die land van die vallei woon, dié in Bet-Sean+ en sy afhanklike* dorpe en dié in die Jisʹreël-vallei,+ het strydwaens+ met ysterlemme.”* 17  Toe het Josua vir die huis van Josef, vir Eʹfraim en Manasʹse, gesê: “Julle is ’n groot volk, en julle het groot krag. Julle sal nie net een lot ontvang nie,+ 18  maar die bergstreek sal ook julle s’n wees.+ Dit is ’n woudgebied, maar julle sal dit uitkap, en dit sal die grens van julle gebied wees. Want julle sal die Kanaäniete verdryf, al is hulle sterk en al het hulle strydwaens met ysterlemme.”*+

Voetnote

D.w.s. die oostekant.
Lett. “na regs”.
Of “wadi van Kana”. Sien Woordelys.
Of “wadi”. Sien Woordelys.
Lett. “het hulle”.
Of “omliggende”.
Lett. “my”.
Of “omliggende”.
Lett. “strydwaens van yster”.
Lett. “strydwaens van yster”.