Josua 20:1-9

  • Vrystede (1-9)

20  Toe het Jehovah vir Josua gesê:  “Sê vir die Israeliete: ‘Kies vir julle die vrystede+ uit waaroor ek deur middel van Moses met julle gepraat het,  sodat die persoon wat iemand onopsetlik of per ongeluk* doodmaak, daarheen kan vlug. Hierdie stede sal vir julle as ’n beskerming teen die bloedwreker dien.+  Hy moet na een van hierdie stede vlug+ en by die ingang van die stadspoort+ staan en sy saak aan die ouermanne van daardie stad voorlê. Dan moet hulle hom in die stad ontvang en hom ’n plek gee, en hy sal by hulle woon.  As die bloedwreker hom agtervolg, moet hulle nie die persoon wat iemand doodgemaak het, aan hom oorlewer nie, want hy het sy medemens per ongeluk* doodgemaak, en hy het hom nie voorheen gehaat nie.+  Hy moet in daardie stad bly totdat hy deur die gemeente verhoor word,+ en hy moet daar woon totdat die hoëpriester wat op daardie tyd dien, sterf.+ Dan mag die persoon wat iemand doodgemaak het, terugkeer na die stad waaruit hy gevlug het, en hy mag in sy stad en in sy huis ingaan.’”+  Toe het hulle heilige status gegee aan die volgende stede:* Kedes+ in Galileʹa, in die bergstreek van Nafʹtali, Sigem+ in die bergstreek van Eʹfraim en Kirjat-Arba,+ dit wil sê Heʹbron, in die bergstreek van Juda.  In die Jordaanstreek, oos van Jeʹrigo, het hulle uit die stam van Ruben die stad Beser+ gekies, wat in die wildernis op die plato* is. Hulle het ook Ramot+ in Giʹlead uit die gebied van die stam van Gad en Golan+ in Basan uit die gebied van die stam van Manasʹse gekies.+  Dit was die stede wat uitgekies is vir al die Israeliete en die uitlanders wat onder hulle woon, sodat enigeen wat iemand onopsetlik doodmaak, daarheen kon vlug+ en nie deur die bloedwreker doodgemaak word voordat hy deur die gemeente verhoor is nie.+

Voetnote

Of “sonder om dit te weet”.
Of “sonder om dit te weet”.
Of “die volgende stede opsygesit”.
Of “hoogvlakte”.