Josua 23:1-16

  • Josua se laaste woorde aan Israel se leiers (1-16)

    • Nie een van Jehovah se woorde onvervuld nie (14)

23  Baie dae nadat Jehovah Israel rus gegee het+ van al hulle vyande om hulle, toe Josua al baie oud was,+  het Josua die hele Israel, sy ouermanne, sy hoofde, sy regters en sy beamptes,+ geroep+ en vir hulle gesê: “Ek het oud geword en ek het nie meer lank om te lewe nie.  Julle het self alles gesien wat Jehovah julle God met al hierdie nasies gedoen het ter wille van julle, want Jehovah julle God het vir julle geveg.+  Ek het die land van die nasies wat oorbly, deur middel van die lot+ as ’n erfdeel aan julle stamme toegewys,+ asook die land van al die nasies wat ek vernietig het,+ van die Jordaanrivier af tot by die Grootsee* in die weste.*  Jehovah julle God het hulle voor julle bly verjaag,+ en hy het hulle ter wille van julle verdryf, en julle het hulle land in besit geneem, net soos Jehovah julle God julle belowe het.+  “Nou moet julle baie moedig wees en alles wat in die Wetboek+ van Moses geskryf is, gehoorsaam en uitvoer. Moet nooit regs of links daarvan afwyk nie.+  Moet nooit meng met hierdie nasies+ wat nog oorbly nie. Julle mag nie eers die name van hulle gode noem+ of by hulle sweer nie, en julle mag hulle nie dien of voor hulle neerbuig nie.+  Maar julle moet lojaal bly aan Jehovah julle God+ net soos julle tot vandag toe gedoen het.  Jehovah sal groot en magtige nasies voor julle verdryf,+ want tot vandag toe kon niemand julle oorwin nie.+ 10  Net een van julle sal ’n duisend agternasit,+ want Jehovah julle God veg vir julle,+ net soos hy julle belowe het.+ 11  Wees dus altyd op julle hoede+ deur Jehovah julle God lief te hê.+ 12  “Maar as julle sou omdraai en julle verbind aan wat oorbly van hierdie nasies+ en julle met hulle ondertrou*+ en met hulle assosieer, 13  moet julle beslis weet dat Jehovah julle God nie sal aanhou om hierdie nasies ter wille van julle te verdryf nie.+ Hulle sal vir julle ’n vangnet en ’n strik word, sweepslae op julle rug+ en dorings in julle oë, totdat julle verdwyn het uit hierdie goeie land wat Jehovah julle God aan julle gegee het. 14  “Kyk! Ek gaan binnekort sterf,* en julle weet goed met julle hele hart en met julle hele siel* dat nie een woord van al die goeie beloftes wat Jehovah julle God aan julle gemaak het, onvervuld gebly het nie. Alles het vir julle waar geword. Nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.+ 15  Maar net soos al die goeie beloftes wat Jehovah julle God aan julle gemaak het, waar geword het,+ so sal Jehovah al die rampspoed wat hy belowe het,* oor julle bring, en hy sal julle vernietig uit hierdie goeie land wat Jehovah julle God aan julle gegee het+ 16  as julle die verbond verbreek wat Jehovah julle God julle beveel het om te gehoorsaam en as julle ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig. Dan sal Jehovah se woede teen julle opvlam,+ en julle sal gou verdwyn uit die goeie land wat hy aan julle gegee het.”+

Voetnote

Die Middellandse See.
Of “in die rigting van die sonsondergang”.
Of “huweliksverbintenisse met hulle aangaan”.
Lett. “Ek gaan vandag op die weg van die hele aarde”.
Of “al die slegte woorde”.