Josua 3:1-17

  • Israel steek Jordaan oor (1-17)

3  Toe het Josua die oggend vroeg opgestaan, en hy en al die Israeliete het van Sittim+ af vertrek en by die Jordaanrivier gekom. Hulle het die nag daar deurgebring voordat hulle die rivier oorgesteek het.  Drie dae later het die beamptes+ deur die hele kamp gegaan  en die volgende bevel aan die volk gegee: “Sodra julle sien dat die ark van die verbond van Jehovah julle God deur die Levitiese priesters gedra word,+ moet julle vertrek en dit volg,  sodat julle sal weet watter pad om te volg, want julle was nog nooit voorheen op hierdie pad nie. Maar hou ’n afstand van omtrent 2 000 el* tussen julle en die ark van die verbond. Moenie nader as dit kom nie.”  Josua het toe vir die volk gesê: “Heilig julle,+ want môre sal Jehovah wonderlike dinge onder julle doen.”+  Daarna het Josua vir die priesters gesê: “Neem die ark+ van die verbond en gaan voor die volk uit.” Toe het hulle die ark van die verbond geneem en voor die volk uitgegaan.  En Jehovah het vir Josua gesê: “Vandag sal ek jou groot eer begin gee voor die hele Israel,+ sodat hulle kan weet dat ek met jou sal wees,+ net soos ek met Moses was.+  Jy moet die priesters wat die ark van die verbond dra, die volgende bevel gee: ‘Wanneer julle by die waters van die Jordaanrivier kom, moet julle in die Jordaanrivier gaan stilstaan.’”+  En Josua het vir die Israeliete gesê: “Kom luister na die woorde van Jehovah julle God.” 10  Josua het toe gesê: “So sal julle weet dat ’n lewende God onder julle is,+ en dat hy die Kanaäniete, die Hetiete, die Hewiete, die Perissiete, die Girgasiete, die Amoriete en die Jebusiete vir seker voor julle sal verdryf.+ 11  Kyk! Die ark van die verbond van die Here van die hele aarde gaan voor julle uit, in die Jordaanrivier in. 12  Neem nou 12 manne uit die stamme van Israel, een man vir elke stam,+ 13  en sodra die priesters wat die Ark van Jehovah dra, die Here van die hele aarde, met hulle voetsole aan die water van die Jordaanrivier raak, sal die water van die Jordaanrivier ophou vloei, en dit sal opdam.”*+ 14  Toe die volk vertrek het, net voordat hulle die Jordaanrivier oorgesteek het, het die priesters wat die ark+ van die verbond dra, voor die volk uitgegaan. 15  Net toe die draers van die Ark by die Jordaanrivier kom en die priesters wat die Ark dra, hulle voete in die water sit (die Jordaanrivier oorstroom sy oewers+ al die dae van die oes), 16  het die water stilgestaan. Dit het baie ver weg opgedam* by Adam, die stad naby Sartan, terwyl die water wat gewoonlik vloei na die See van die Aʹraba, die Soutsee,* weggevloei het. Dit is afgesny, en die volk het die rivier voor Jeʹrigo oorgesteek. 17  Terwyl die priesters wat die ark van Jehovah se verbond gedra het, op droë grond in die middel van die Jordaanrivier stilgestaan het,+ het die hele Israel op droë grond deur die rivier gegaan,+ totdat die hele nasie deur die Jordaanrivier gegaan het.

Voetnote

Omtrent 890 m. Sien Aanh. B14.
Of “soos ’n muur bly staan”.
Of “soos ’n muur opgerys”.
Die Dooie See.