Klaagliedere 2:1-22

  • Jehovah se woede teen Jerusalem

    • Geen genade nie (2)

    • Jehovah soos vyand vir haar (5)

    • Trane oor Sion (11-13)

    • Verbygangers spot stad wat pragtig was (15)

    • Vyande bly oor Sion se ondergang (17)

א [Alef] 2  Kyk hoe Jehovah die dogter van Sion in sy woede met ’n donker wolk bedek het! Hy het die prag van Israel uit die hemel na die aarde toe neergegooi.+ Hy het nie aan sy voetbank+ gedink op die dag van sy woede nie. ב [Bet]   Jehovah het al die woonplekke van Jakob verwoes sonder om genade te betoon. In sy woede het hy die vestings van die dogter van Juda afgebreek.+ Hy het die koninkryk+ en haar leiers+ tot in die stof verneder en ontheilig. ג [Gimel]   In sy groot woede het hy al Israel se krag weggeneem. Hy het Israel nie gehelp toe die vyand aangeval het nie.+ En in Jakob het hy bly brand soos ’n vuur wat alles om hom verteer.+ ד [Dalet]   Soos ’n vyand het hy sy boog gespan. Sy regterhand is gereed om aan te val.+ Hy het almal doodgemaak wat dierbaar was.+ In die tent van die dogter van Sion+ het hy sy woede soos ’n vuur+ uitgestort. ה [He]   Jehovah het soos ’n vyand geword.+ Hy het Israel verwoes. Hy het al haar torings verwoes. Hy het al die vestings vernietig. En hy laat die dogter van Juda rou en treur. ו [Waw]   Hy het sy hut afgebreek,+ soos ’n hut in ’n tuin. Hy het sy feeste laat ophou.+ Jehovah het Sion haar feeste en sabbatte laat vergeet. En in sy groot woede het hy koning en priester verwerp.+ ז [Zajin]   Jehovah het sy altaar verstoot. Hy het sy heiligdom verwerp.+ Hy het die mure van haar versterkte torings in die hand van die vyand gegee.+ In die huis van Jehovah roep hulle hard uit,+ soos op ’n feesdag. ח [Get]   Jehovah het besluit om die muur van die dogter van Sion te verwoes.+ Hy het dit met die maatlyn gemeet.+ Hy het nie die vernietiging teruggehou nie. Hy laat die beleëringswal en muur treur. Saam het hulle swak geword. ט [Tet]   Haar poorte het in die grond ingesink.+ Hy het haar grendels vernietig en gebreek. Haar koning en haar leiers het onder die nasies beland.+ Daar is geen wet* nie, en selfs haar profete ontvang geen visioen van Jehovah nie.+ י [Jod] 10  Die ouermanne van die dogter van Sion sit in stilte op die grond.+ Hulle gooi stof op hulle koppe en dra saklinne.+ Die maagde van Jerusalem het hulle koppe laat sak. כ [Kaf] 11  My oë is moeg gehuil.+ My maag* draai. My hart is gebreek* weens die ondergang van die dogter van* my volk,+weens die sterwende kinders en babas op die openbare pleine van die stad.+ ל [Lamed] 12  Hulle soek by hulle ma’s iets om te eet of te drink,+terwyl hulle soos iemand wat gewond is, op die openbare pleine van die stad verswak. Hulle sterf in hulle ma’s se arms. מ [Mem] 13  Wat kan ek as ’n voorbeeld gebruik,of wie ly soos jy, o dogter van Jerusalem? Waarmee kan ek jou vergelyk, sodat ek jou kan vertroos, o maagdelike dogter van Sion? Want jou wonde is so groot soos die see.+ Wie kan jou genees?+ נ [Noen] 14  Jou profete het visioene gesien wat vals en misleidend was.+ En hulle het nie jou oortreding bekend gemaak om te verhoed dat jy in gevangenskap gaan nie,+maar hulle het aangehou om jou van valse en misleidende visioene te vertel.+ ס [Samek] 15  Almal wat met die pad verbygaan, klap hulle hande spottend oor jou.+ Hulle fluit verbaas+ en skud hulle koppe oor die dogter van Jerusalem en sê: “Is dít die stad waarvan hulle gesê het: ‘Dit is absoluut pragtig, die vreugde van die hele aarde’?”+ פ [Pe] 16  Oor jou het al jou vyande hulle monde oopgemaak. Hulle fluit en kners op hulle tande en sê: “Ons het haar verwoes.+ Ons het gewag vir hierdie dag!+ Dit het gekom, en ons het dit gesien!”+ ע [Ajin] 17  Jehovah het gedoen wat hy in gedagte gehad het.+ Hy het gedoen wat hy gesê het,+wat hy lank gelede beveel het.+ Hy het afgebreek sonder om genade te betoon.+ Hy het jou vyand bly gemaak oor jou. Hy het jou vyande sterk laat word. צ [Tsade] 18  Hulle hart roep uit na Jehovah, o muur van die dogter van Sion. Laat trane dag en nag soos ’n stroom vloei. Moenie vir ’n oomblik rus nie, moenie ophou huil nie. ק [Kof] 19  Staan op! Roep die hele nag lank uit.* Stort jou hart soos water voor Jehovah uit. Steek jou hande na hom toe uit ter wille van die lewens van jou kinders,wat weens hongersnood sterwend is op elke straathoek.+ ר [Resj] 20  O Jehovah, kyk tog, en sien die een teen wie u so streng opgetree het. Moet vrouens hulle eie nakomelinge, hulle eie gesonde kinders, bly eet?+ Of moet priesters en profete in die heiligdom van Jehovah doodgemaak word?+ ש [Sjin] 21  Seuns en ou manne lê dood in die strate.+ My jong vroue* en my jong manne is deur die swaard doodgemaak.+ U het doodgemaak op die dag van u woede. U het doodgemaak sonder om genade te betoon.+ ת [Taw] 22  U laat van alle kante gevaar kom, asof dit ’n feesdag is.+ Op die dag van Jehovah se woede het niemand ontsnap of oorleef nie.+ My vyand het dié doodgemaak aan wie ek geboorte gegee het en wat ek grootgemaak het.+

Voetnote

Of “onderrigting”.
Digterlike verpersoonliking, moontlik om jammerte of simpatie uit te druk.
Lett. “My lewer is op die aarde uitgestort”.
Lett. “ingewande”.
Of “Roep uit gedurende die nag, aan die begin van die wake”.
Lett. “maagde”.