Klaagliedere 5:1-22

  • Volk bid dat hulle herstel word

    • “Dink aan wat met ons gebeur het” (1)

    • “Dit gaan sleg met ons, want ons het gesondig” (16)

    • ‘Bring ons terug, o Jehovah’ (21)

    • ‘Maak ons lewe soos dit vroeër was’ (21)

5  O Jehovah, dink aan wat met ons gebeur het. Kyk, en sien ons skande.+   Ons erfdeel is aan vreemdelinge gegee, en ons huise aan uitlanders.+   Ons het soos weeskinders geword, sonder ’n pa. Ons ma’s is soos weduwees.+   Ons moet betaal om ons eie water te drink+ en om ons eie hout te gebruik.   Ons agtervolgers is op ons hakke. Ons is moeg, maar ons kry geen rus nie.+   Ons steek ons hande uit na Egipte+ en na Assiʹrië+ sodat ons genoeg kos kan kry.   Ons voorvaders wat gesondig het, lewe nie meer nie, maar ons moet hulle oortredings dra.   Knegte heers nou oor ons, en daar is niemand wat ons van hulle kan red nie.   Wanneer ons kos gaan haal, is ons lewens in gevaar+ weens die swaard in die wildernis. 10  Ons vel het so warm soos ’n oond geword weens die hongerpyne.+ 11  Hulle het die vrouens in Sion verneder,* en die maagde in die stede van Juda.+ 12  Leiers is aan hulle hand opgehang,+ en daar was geen respek vir ouermanne nie.+ 13  Jong manne dra die handmeul, en seuns struikel onder vragte hout. 14  Die ouermanne is nie meer in die stadspoort nie,+ en jong manne speel nie hulle musiek nie.+ 15  Daar is nie meer vreugde in ons harte nie. Ons dans nie meer nie, ons huil en treur.+ 16  Die kroon het van ons kop afgeval. Dit gaan sleg met ons, want ons het gesondig! 17  Daarom is ons hart siek,+en weens hierdie dinge het ons oë dof geword,+ 18  weens die berg Sion wat ’n woesteny is.+ Jakkalse dwaal nou daar rond. 19  Maar u, o Jehovah, u sit vir ewig op u troon. U troon is van geslag tot geslag.+ 20  Hoekom vergeet u ons vir ewig, en hoekom het u ons vir so ’n lang tyd verlaat?+ 21  Bring ons terug na u toe, o Jehovah, en ons sal gretig wees om na u toe terug te keer.+ Maak ons lewe weer soos dit vroeër was.+ 22  Maar u het ons heeltemal verwerp. U bly baie kwaad vir ons.+

Voetnote

Of “verkrag”.