Levitikus 14:1-57

  • Reiniging van melaatsheid (1-32)

  • Reiniging van besmette huise (33-57)

14  Jehovah het verder vir Moses gesê:  “Dít sal die wet van die melaatse wees op die dag dat hy rein verklaar word, wanneer hy na die priester toe gebring moet word.+  Die priester moet buite die kamp gaan en hom ondersoek. As die melaatse van die melaatsheid genees is,  moet die priester hom beveel om twee lewende rein voëls, sederhout, helderrooi materiaal en hisop vir sy reiniging te bring.+  Die priester moet beveel dat die een voël in ’n kleihouer oor vars water doodgemaak moet word.  Maar hy moet die lewende voël sowel as die sederhout, die helderrooi materiaal en die hisop neem en dit saam in die bloed van die voël doop wat oor die vars water doodgemaak is.  Dan moet hy dit sewe keer spat op die persoon wat homself van die melaatsheid reinig en hom rein verklaar, en hy moet die lewende voël in die oop veld vrylaat.+  “Die persoon wat homself reinig, moet sy klere was en al sy hare afskeer en in water bad, en hy sal rein wees. Daarna mag hy in die kamp inkom, maar hy moet sewe dae lank buite sy tent bly.  Op die sewende dag moet hy al die hare op sy kop en sy ken sowel as sy wenkbroue afskeer. Nadat hy al sy hare afgeskeer het, moet hy sy klere was en in water bad, en hy sal rein wees. 10  “Op die agtste dag moet hy twee jong skaapramme sonder gebrek neem, sowel as een ooilam wat sonder gebrek is,+ in haar eerste jaar, ’n graanoffer van drie tiendes van ’n efa* fynmeel wat met olie gemeng is+ en een log* olie.+ 11  Die priester wat hom rein verklaar, moet die persoon wat homself reinig, saam met die offers, voor Jehovah bring by die ingang van die tent van samekoms. 12  Die priester moet die een jong ram neem en dit saam met die log olie as ’n skuldoffer bring,+ en hy moet dit as ’n beweegoffer heen en weer voor Jehovah beweeg.+ 13  Dan moet hy die jong ram op die plek slag waar die sonde-offer en die brandoffer gewoonlik geslag word,+ op ’n heilige plek, want die skuldoffer behoort aan die priester, net soos die sonde-offer.+ Dit is iets besonder heiligs.+ 14  “Dan moet die priester van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit smeer aan die onderste deel van die regteroor van die persoon wat homself reinig en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet. 15  En die priester moet van die log olie neem+ en dit in sy eie linkerpalm gooi. 16  Die priester moet dan sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerpalm is en van die olie sewe keer met sy vinger voor Jehovah spat. 17  Dan moet die priester van die olie wat in sy palm oor is, aan die onderste deel van die regteroor smeer van die persoon wat homself reinig, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-oor die bloed van die skuldoffer. 18  Die priester moet die olie wat in sy palm oor is, op die kop smeer van die persoon wat homself reinig, en die priester moet vir hom versoening doen voor Jehovah.+ 19  “Die priester moet die sonde-offer bring+ en versoening doen vir die persoon wat homself van sy onreinheid reinig, en daarna moet hy die brandoffer slag. 20  En die priester moet die brandoffer en die graanoffer+ op die altaar offer, en die priester moet vir hom versoening doen,+ en hy sal rein wees.+ 21  “Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een jong skaapram as ’n skuldoffer neem en dit as ’n beweegoffer aanbied, om vir homself versoening te doen, sowel as ’n graanoffer van een tiende van ’n efa* fynmeel wat met olie gemeng is, ’n log olie 22  en twee tortelduiwe of twee jong duiwe, afhangende van wat hy kan bekostig. Die een moet dien as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer.+ 23  Op die agtste dag+ moet hy hulle na die priester by die ingang van die tent van samekoms bring om voor Jehovah rein verklaar te word.+ 24  “Die priester moet die jong ram vir die skuldoffer+ en die log olie neem, en die priester moet dit as ’n beweegoffer heen en weer voor Jehovah beweeg.+ 25  Hy moet dan die jong ram vir die skuldoffer slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit smeer aan die onderste deel van die regteroor van die persoon wat homself reinig en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.+ 26  Die priester moet van die olie in sy eie linkerpalm gooi,+ 27  en dan moet hy van die olie in sy linkerpalm sewe keer met sy regtervinger voor Jehovah spat. 28  En die priester moet van die olie in sy palm aan die onderste deel van die regteroor smeer van die persoon wat homself reinig, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, op dieselfde plekke waar hy die bloed van die skuldoffer gesmeer het. 29  Dan moet die priester die olie wat in sy palm oor is, op die kop smeer van die persoon wat homself reinig sodat hy vir hom versoening kan doen voor Jehovah. 30  “Hy moet twee tortelduiwe of twee jong duiwe offer, afhangende van wat hy kan bekostig.+ 31  Hy moet die een as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer offer,+ saam met die graanoffer. Die priester moet voor Jehovah versoening doen vir die persoon wat homself reinig.+ 32  “Dit is die wet vir die persoon wat melaatsheid gehad het, maar nie die nodige middele vir sy reiniging het nie.” 33  Toe het Jehovah vir Moses en Aäron gesê: 34  “Wanneer julle in die land Kanaän+ kom, wat ek aan julle as ’n besitting gee,+ en ek melaatsheid in ’n huis in julle land laat ontstaan,+ 35  moet die eienaar van die huis vir die priester kom sê: ‘Daar is een of ander soort besmetting in my huis.’ 36  Die priester moet beveel dat alles uit die huis geneem moet word voordat hy kom om die besmetting te ondersoek, sodat hy nie alles wat in die huis is, onrein verklaar nie. Daarna moet die priester inkom om die huis te ondersoek. 37  Hy moet die besmette deel ondersoek, en as daar geelgroen of rooierige holtes in die mure van die huis is en dit lyk asof dit dieper as die muuroppervlak is, 38  dan moet die priester uit die huis uitgaan en die huis sewe dae onder kwarantyn plaas.+ 39  “Dan moet die priester op die sewende dag terugkeer en ondersoek instel. As die besmetting op die mure van die huis versprei het, 40  moet die priester beveel dat die besmette stene uitgebreek en buite die stad op ’n onrein plek gegooi moet word. 41  Dan moet hy die binnekant van die huis deeglik laat afskraap, en die pleister en messelklei wat afgeskraap is, moet buite die stad op ’n onrein plek gegooi word. 42  Hulle moet dan die stene wat hulle uitgehaal het met ander stene vervang, en hy moet ander messelklei gebruik en die huis laat pleister. 43  “Maar as die besmetting terugkom en in die huis uitbreek nadat die stene verwyder is en die huis afgeskraap en weer gepleister is, 44  dan moet die priester ingaan en dit ondersoek. As die besmetting in die huis versprei het, is dit kwaadaardige melaatsheid+ in die huis. Die huis is onrein. 45  Hy moet dan die huis laat afbreek – die stene, die balke en al die pleister en messelklei van die huis – en dit buite die stad na ’n onrein plek laat uitdra.+ 46  Maar enigiemand wat in die huis inkom gedurende enige van die dae dat dit onder kwarantyn is,+ sal tot die aand toe onrein wees.+ 47  En enigiemand wat in die huis gaan lê of enigiemand wat in die huis eet, moet sy klere was. 48  “Maar as die priester kom en hy sien dat die besmetting nie in die huis versprei het nadat dit weer gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die besmetting het verdwyn. 49  Om die huis van onreinheid* te reinig, moet hy twee voëls, sederhout, helderrooi materiaal en hisop neem.+ 50  Hy moet die een voël doodmaak oor ’n kleihouer met vars water. 51  Dan moet hy die sederhout, die hisop, die helderrooi materiaal en die lewende voël neem en dit doop in die bloed van die voël wat doodgemaak is en in die vars water, en hy moet dit sewe keer in die rigting van die huis spat.+ 52  En hy moet die huis van onreinheid* reinig met die bloed van die voël, die vars water, die lewende voël, die sederhout, die hisop en die helderrooi materiaal. 53  Dan moet hy die lewende voël buite die stad in die oop veld vrylaat en vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees. 54  “Dit is die wet oor enige geval van melaatsheid, infeksie van die kopvel of die baard,+ 55  melaatsheid aan kledingstukke+ of in ’n huis+ 56  en oor swelsels, rowe en vlekke,+ 57  om vas te stel wanneer iets onrein is en wanneer iets rein is.+ Dit is die wet oor melaatsheid.”+

Voetnote

Drie tiendes van ’n efa was gelyk aan 6,6 l. Sien Aanh. B14.
’n Log was gelyk aan 0,31 l. Sien Aanh. B14.
’n Tiende van ’n efa was gelyk aan 2,2 l. Sien Aanh. B14.
Lett. “sonde”.
Lett. “sonde”.