Levitikus 17:1-16
17 Jehovah het verder vir Moses gesê:
2 “Praat met Aäron en sy seuns en al die Israeliete en sê vir hulle: ‘Dít is wat Jehovah beveel het:
3 “‘“As enigiemand van die huis van Israel ’n bul of ’n jong skaapram of ’n bok in die kamp slag of buite die kamp slag
4 in plaas daarvan om dit na die ingang van die tent van samekoms te bring om dit voor die tabernakel van Jehovah as ’n offer vir Jehovah aan te bied, sal hy as bloedskuldig beskou word. Hy is bloedskuldig, en dié man moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.
5 Dit is sodat die Israeliete die offerandes, wat hulle nou in die oop veld offer, na Jehovah sal bring, na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe. Hulle moet dit as vrede-offers* aan Jehovah offer.+
6 En die priester moet die bloed op Jehovah se altaar by die ingang van die tent van samekoms sprinkel en die vet as ’n aangename* geur vir Jehovah laat rook.+
7 Hulle mag nie meer offerandes aan die bokagtige demone* offer,+ wat hulle aanbid* nie.+ Dit sal in al julle geslagte vir julle ’n permanente wetsbepaling wees.”’
8 “Jy moet vir hulle sê: ‘Enigiemand van die huis van Israel of enige uitlander wat onder julle woon wat ’n brandoffer of ’n offerande bring
9 en dit nie na die ingang van die tent van samekoms bring om dit aan Jehovah te offer nie, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.+
10 “‘As enigiemand van die huis van Israel of enige uitlander wat onder julle woon, enige bloed eet,+ sal ek die persoon wat die bloed eet, beslis verwerp, en ek sal hom onder sy volk uitroei.
11 Want die lewe* van die vlees is in die bloed,+ en ek het dit vir julle gegee sodat julle vir julle versoening kan doen op die altaar,+ want dit is die bloed wat versoening doen+ deur die lewe* wat daarin is.
12 Daarom het ek vir die Israeliete gesê: “Nie een van julle mag bloed eet nie, en geen uitlander wat onder julle woon,+ mag bloed eet nie.”+
13 “‘As een van die Israeliete of ’n uitlander wat onder julle woon, gaan jag en ’n wilde dier of ’n voël vang wat geëet mag word, moet hy die bloed uitgooi+ en dit met stof bedek.
14 Want die lewe* van elke soort vlees is sy bloed, want die lewe* is daarin. Daarom het ek vir die Israeliete gesê: “Julle mag nie die bloed van enige soort vlees eet nie, want die lewe* van elke soort vlees is sy bloed. Enigiemand wat dit eet, moet doodgemaak word.”+
15 As enigiemand, ’n gebore Israeliet of ’n uitlander, ’n dier eet wat dood gevind is of deur ’n wilde dier verskeur is,+ moet hy sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.+ Daarna sal hy rein wees.
16 Maar as hy nie sy klere was nie en nie bad nie,* sal hy die gevolge dra van sy oortreding.’”+
Voetnote
^ Of “gemeenskapsoffers”.
^ Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
^ Lett. “die bokke”.
^ Of “waarmee hulle prostitusie pleeg”.
^ Of “siel”.
^ Of “siel”.
^ Of “siel”.
^ Of “siel”.
^ Of “siel”.
^ Lett. “en nie sy vlees was nie”.