Levitikus 21:1-24

  • Priesters moet heilig en rein wees (1-9)

  • Hoëpriester moet hom nie verontreinig nie (10-15)

  • Priesters moenie liggaamlike gebreke hê nie (16-24)

21  Jehovah het verder vir Moses gesê: “Sê vir die priesters, Aäron se seuns: ‘Niemand mag hom onrein maak vir ’n dooie persoon* onder sy volk nie.+  Maar hy mag dit doen vir nabye bloedfamilie, vir sy ma, sy pa, sy seun, sy dogter, sy broer,  en hy mag hom onrein maak vir sy suster as sy ’n maagd was wat na aan hom was en nog nie getroud was nie.  Hy mag hom nie onrein maak en hom ontheilig vir ’n vrou wat aan ’n man van sy volk behoort nie.  Hulle mag nie hulle kop kaal skeer+ of die rand van hulle baard afskeer of snye in hulle liggaam maak nie.+  Hulle moet heilig wees vir hulle God,+ en hulle moenie die naam van hulle God ontheilig nie,+ want hulle bied Jehovah se vuuroffers aan, die brood* van hulle God, en hulle moet heilig wees.+  Hulle mag nie trou met ’n prostituut,+ ’n vrou wat onteer is of ’n vrou wat van haar man geskei is nie,+ want die priester is heilig vir sy God.  Jy moet hom heilig,+ want hy bied die brood van jou God aan. Hy moet vir jou heilig wees, want ek, Jehovah, wat julle heilig, is heilig.+  “‘En as die dogter van ’n priester haar ontheilig deur prostitusie te pleeg, ontheilig sy haar pa. Sy moet met vuur verbrand word.+ 10  “‘Die hoëpriester onder sy broers, op wie se kop die salfolie uitgegooi+ is en wat ingehuldig is* om die priesterlike klere te dra,+ mag nie sy kop onversorg laat of sy klere skeur nie.+ 11  Hy mag nie naby enige dooie persoon* kom nie.+ Hy mag hom nie eers vir sy pa of sy ma onrein maak nie. 12  Hy mag nie uit die heiligdom uitgaan nie, en hy mag nie die heiligdom van sy God ontheilig nie,+ want die toewydingsteken, die salfolie van sy God,+ is op hom. Ek is Jehovah. 13  “‘Hy mag net trou met ’n vrou wat ’n maagd is.+ 14  Hy mag nie trou met ’n weduwee, ’n geskeide vrou, ’n vrou wat onteer is of ’n prostituut nie, maar hy moet ’n maagd uit sy volk as vrou neem. 15  Hy mag nie sy nageslag* onder sy volk ontheilig nie,+ want ek is Jehovah, wat hom heilig.’” 16  Jehovah het verder vir Moses gesê: 17  “Sê vir Aäron: ‘Geen man uit jou nageslag,* in al hulle geslagte, wat ’n gebrek het, mag nader kom om die brood van sy God aan te bied nie. 18  Geen man wat ’n gebrek het, mag nader kom nie: ’n man wat blind of kreupel is of ’n misvormde gesig het* of ’n liggaamsdeel het wat te lank is, 19  ’n man met ’n gebreekte voet of ’n gebreekte hand, 20  of wat ’n boggelrug het of wat ’n dwerg* is of ’n man met ’n oogdefek of ekseem of ringwurm of beskadigde testikels.+ 21  Geen man van die nageslag* van Aäron, die priester, wat ’n gebrek het, mag nader kom om Jehovah se vuuroffers aan te bied nie. Omdat hy ’n gebrek het, mag hy nie nader kom om die brood van sy God aan te bied nie. 22  Hy mag die brood van sy God eet uit die besonder heilige dinge+ en uit die heilige dinge.+ 23  Maar hy mag nie naby die gordyn* kom nie,+ en hy mag nie by die altaar kom nie,+ want hy het ’n gebrek. Hy mag nie my heiligdom ontheilig nie,+ want ek is Jehovah, wat hulle heilig.’”+ 24  Moses het dit toe vir Aäron en sy seuns en al die Israeliete gesê.

Voetnote

Of “vir ’n siel”.
Of “voedsel”, wat na offerandes verwys.
Lett. “wie se hand gevul is”.
Of “enige dooie siel”. Die Hebreeuse woord neʹfesj word hier verbind met ’n Hebreeuse woord wat “dood” beteken.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “of ’n gesplete neus het”.
Of moontlik “uitgeteer”.
Lett. “saad”.
Of “voorhangsel”.