Levitikus 27:1-34

  • Terugkoop van gewyde dinge (1-27)

  • Dinge onvoorwaardelik aan Jehovah gewy (28, 29)

  • Terugkoop van tiendes (30-34)

27  Jehovah het verder vir Moses gesê:  “Sê vir die Israeliete: ‘As ’n man ’n spesiale gelofte maak+ om die vasgestelde waarde van ’n persoon vir Jehovah aan te bied,  sal die vasgestelde waarde van ’n man tussen 20 en 60 jaar oud 50 sikkels* silwer wees volgens die standaardsikkel van die heiligdom.*  Maar as dit ’n vrou is, sal die vasgestelde waarde 30 sikkels wees.  As die persoon tussen 5 en 20 jaar oud is, sal die vasgestelde waarde 20 sikkels wees vir ’n seun, en 10 sikkels vir ’n meisie.  As die persoon tussen een maand en vyf jaar oud is, sal die vasgestelde waarde vyf sikkels silwer wees vir ’n seun, en drie sikkels silwer vir ’n meisie.  “‘As die persoon 60 jaar of ouer is, sal die vasgestelde waarde 15 sikkels wees vir ’n man, en 10 sikkels vir ’n vrou.  Maar as hy te arm is om die vasgestelde waarde te betaal,+ moet die persoon voor die priester staan, en die priester sal ’n bedrag vir die persoon vasstel. Die priester sal die bedrag vasstel volgens wat die persoon wat die gelofte gemaak het, kan bekostig.+  “‘As ’n gelofte gemaak word om ’n geskikte dier vir Jehovah te offer, sal wat ook al vir Jehovah gegee word, iets heiligs word. 10  Hy mag dit nie vervang of dit omruil, goed vir sleg of sleg vir goed nie. Maar as hy dit omruil, een dier vir ’n ander, sal die oorspronklike dier sowel as die een wat in ruil daarvoor gegee is, iets heiligs word. 11  As dit ’n onrein dier+ is wat nie as ’n offer vir Jehovah aangebied mag word nie, moet hy die dier voor die priester bring. 12  Die priester sal dan ’n waarde vasstel volgens die gehalte daarvan. Die waarde wat die priester vasstel, sal finaal wees. 13  Maar as hy dit ooit wil terugkoop, moet hy die vasgestelde waarde gee en ’n vyfde daarvan byvoeg.+ 14  “‘En as ’n man sy huis as iets heiligs vir Jehovah gee, sal die priester die waarde daarvan vasstel volgens die gehalte daarvan. Die waarde wat die priester vasstel, sal die prys daarvan wees.+ 15  Maar as die persoon sy huis as iets heiligs gee en dit weer wil terugkoop, moet hy die vasgestelde waarde gee en ’n vyfde daarvan byvoeg, en dit sal syne word. 16  “‘As ’n man ’n deel van sy grond as iets heiligs vir Jehovah gee, sal die waarde bepaal word na gelang van die hoeveelheid saad wat daarop gesaai kan word: vir ’n homer* garssaad sal dit 50 sikkels silwer wees. 17  As hy sy stuk grond in die Jubeljaar+ as iets heiligs gee, sal die vasgestelde waarde daarvan onveranderd bly. 18  As hy sy stuk grond ná die Jubeljaar as iets heiligs gee, sal die priester vir hom die prys uitwerk na gelang van die aantal jare tot die volgende Jubeljaar, en dit moet van die vasgestelde waarde afgetrek word.+ 19  Maar as die persoon wat die stuk grond as iets heiligs gegee het, dit ooit terugkoop, moet hy die vasgestelde waarde gee en ’n vyfde daarvan byvoeg, en dit sal syne bly. 20  En as hy nie die stuk grond terugkoop nie en dit aan ’n ander man verkoop word, mag dit nie meer teruggekoop word nie. 21  In die Jubeljaar sal die stuk grond iets heiligs vir Jehovah word, soos ’n stuk grond wat aan hom gewy is. Dit sal die priesters se eiendom word.+ 22  “‘As ’n man ’n stuk grond wat hy gekoop het en wat nie deel is van sy erfbesitting nie,+ as iets heiligs vir Jehovah gee, 23  sal die priester vir hom die waarde uitwerk op grond van die aantal jare tot die Jubeljaar, en hy moet die vasgestelde waarde op daardie dag gee.+ Dit is iets heiligs vir Jehovah. 24  In die Jubeljaar moet die stuk grond teruggegee word aan die persoon by wie hy dit gekoop het, aan die persoon aan wie die stuk grond behoort.+ 25  “‘Elke waardebepaling moet volgens die standaardsikkel van die heiligdom gedoen word. Die sikkel moet 20 gera* wees. 26  “‘Maar niemand moet die eersgeborene van die diere as iets heiligs gee nie, aangesien dit van geboorte af Jehovah s’n is.+ Of dit nou ’n bul of ’n skaap is, dit behoort reeds aan Jehovah.+ 27  As dit onder die onrein diere is en hy dit volgens die vasgestelde waarde loskoop, moet hy die vasgestelde waarde gee en ’n vyfde daarvan byvoeg.+ As dit egter nie teruggekoop word nie, moet dit volgens die vasgestelde waarde verkoop word. 28  “‘Maar niks wat ’n man uit sy besittings onvoorwaardelik aan Jehovah wy,* mag verkoop of teruggekoop word nie, of dit nou ’n mens is of ’n dier of ’n stuk grond wat hy besit. Enigiets wat gewy is, is iets besonder heiligs vir Jehovah.+ 29  Wat meer is, niemand* wat tot die dood veroordeel is, mag losgekoop word nie.+ Hy moet vir seker doodgemaak word.+ 30  “‘Elke tiende+ van die land behoort aan Jehovah, of dit nou van die opbrengs van die land of van die vrugte van die bome is. Dit is iets heiligs vir Jehovah. 31  As ’n man ooit enige deel van sy tiende wil terugkoop, moet hy die vasgestelde waarde gee en ’n vyfde daarvan byvoeg. 32  Wat al die tiendes van die beeste en kleinvee betref, alles wat onder die herder se staf deurgaan, die tiende dier* moet iets heiligs vir Jehovah word. 33  Hy mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en hy mag dit ook nie omruil nie. Maar as hy dit ooit probeer omruil, moet die oorspronklike dier sowel as die een wat in ruil daarvoor gegee is, iets heiligs word.+ Dit mag nie teruggekoop word nie.’” 34  Dit is die gebooie wat Jehovah op die berg Siʹnai aan Moses+ gegee het vir die Israeliete.

Voetnote

’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “volgens die heilige sikkel”.
’n Homer was gelyk aan 220 l. Sien Aanh. B14.
’n Gera was gelyk aan 0,57 g. Sien Aanh. B14.
Of “uit sy besittings aan Jehovah wy om vernietig te word”.
Of “geen gewyde persoon”.
Of “kop”.