Levitikus 5:1-19

  • Spesifieke sondes en offers daarvoor (1-6)

    • Rapportering van sondes van ander (1)

  • Alternatiewe offers vir armes (7-13)

  • Skuldoffer vir onopsetlike sondes (14-19)

5  “‘As iemand sondig omdat hy ’n openbare oproep gehoor het om getuienis af te lê*+ en hy ’n getuie is of iets gesien het of van iets uitgevind het en hy dit nie rapporteer nie, sal hy die gevolge dra van sy oortreding.  “‘Of as iemand aan enigiets onreins raak, of dit nou die dooie liggaam van ’n onrein wilde dier, ’n onrein mak dier of ’n onrein kruipende diertjie+ is, is hy onrein en het hy skuldig geword, selfs al besef hy dit nie.  Of as iemand onwetend aan die onreinheid van ’n mens+ raak – enigiets onreins wat hom onrein kan maak – en hy daarvan uitvind, dan is hy skuldig.  “‘Of as iemand oorhaastig sweer om iets te doen – goed of sleg, ongeag wat dit mag wees – en hy nie daarvan bewus was nie, maar dan besef dat hy oorhaastig gesweer het, is hy skuldig.*+  “‘As hy aan een van hierdie dinge skuldig word, moet hy sy sonde bely.+  Hy moet ook sy skuldoffer aan Jehovah bring vir die sonde wat hy gepleeg het,+ naamlik ’n ooi uit die kleinvee – ’n ooilam of ’n jong bokooi – as ’n sonde-offer. Die priester moet dan vir hom versoening doen vir sy sonde.  “‘Maar as hy nie ’n skaap kan bekostig nie, moet hy vir Jehovah twee tortelduiwe of twee jong duiwe+ bring as sy skuldoffer vir die sonde, een as ’n sonde-offer en een as ’n brandoffer.+  Hy moet hulle na die priester toe bring, wat eers die een as die sonde-offer moet aanbied en sy kop aan die voorkant van sy nek moet afknyp, maar sonder om dit heeltemal af te trek.  Hy moet van die bloed van die sonde-offer teen die kant van die altaar spat, maar die res van die bloed moet hy aan die voet van die altaar laat uitloop.+ Dit is ’n sonde-offer. 10  Hy moet die ander een as ’n brandoffer voorberei volgens die gewone prosedure.+ En die priester moet vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gepleeg het, en hy sal vergewe word.+ 11  “‘En as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as ’n offer vir sy sonde ’n tiende van ’n efa*+ fynmeel as ’n sonde-offer bring. Hy moenie olie daarby voeg of wierook daarop sit nie, want dit is ’n sonde-offer. 12  Hy moet dit na die priester toe bring, en die priester moet ’n hand vol daarvan neem as ’n simbool van die hele offer en dit op die altaar laat rook bo-op Jehovah se vuuroffers. Dit is ’n sonde-offer. 13  Die priester moet vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gepleeg het, enigeen van hierdie sondes, en hy sal vergewe word.+ Die res van die offer moet die priester s’n word,+ soos in die geval van die graanoffer.’”+ 14  Jehovah het verder vir Moses gesê: 15  “As iemand ontrou is deur onopsetlik teen die heilige dinge van Jehovah te sondig,+ moet hy aan Jehovah ’n skaapram sonder gebrek uit die kleinvee bring as sy skuldoffer.+ Die waarde daarvan in sikkels* silwer word volgens die standaardsikkel van die heiligdom*+ bepaal. 16  En hy moet vergoeding betaal vir die sonde wat hy teen die heiligdom gepleeg het en ook ’n vyfde van die waarde daarvan byvoeg.+ Hy moet dit vir die priester gee, sodat die priester vir hom versoening kan doen+ met die ram vir die skuldoffer, en hy sal vergewe word.+ 17  “As iemand sondig deur enige van die dinge te doen wat Jehovah beveel het nie gedoen mag word nie, selfs al is hy nie daarvan bewus nie, is hy nog steeds skuldig en sal hy die gevolge dra van sy oortreding.+ 18  Hy moet ’n skaapram sonder gebrek uit die kleinvee, volgens die vasgestelde waarde, as ’n skuldoffer+ na die priester toe bring. Die priester moet dan vir hom versoening doen vir die onopsetlike fout wat hy gemaak het sonder om dit te besef, en hy sal vergewe word. 19  Dit is ’n skuldoffer. Hy het beslis skuldig geword omdat hy teen Jehovah gesondig het.”

Voetnote

Lett. “’n stem van ’n vloek (eed) gehoor het”. Waarskynlik ’n aankondiging in verband met ’n oortreding wat ingesluit het dat ’n vloek uitgespreek word oor die oortreder of oor die getuie wat nie getuig nie.
Daar word blykbaar geïmpliseer dat hy nie sy gelofte nakom nie.
’n Tiende van ’n efa was gelyk aan 2,2 l. Sien Aanh. B14.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “volgens die heilige sikkel”.