Levitikus 7:1-38

  • Instruksies oor offers (1-21)

    • Die skuldoffer (1-10)

    • Die vrede-offer (11-21)

  • Verbied om vet of bloed te eet (22-27)

  • Priesters se deel (28-36)

  • Slotkommentaar oor offers (37, 38)

7  “‘Dít is die wet van die skuldoffer:+ Dit is iets besonder heiligs.  Hulle moet die skuldoffer slag op die plek waar hulle die brandoffers slag, en al die kante van die altaar moet met die bloed+ besprinkel word.+  Hy moet al die vet+ daarvan aanbied, insluitende die vetstert, die vet wat die ingewande bedek  en die twee niere met die vet daaraan wat naby die lende is. Hy moet ook die vet* aan die lewer saam met die niere verwyder.+  Die priester moet dit op die altaar laat rook as ’n vuuroffer aan Jehovah.+ Dit is ’n skuldoffer.  Elke man onder die priesters moet dit eet,+ en dit moet op ’n heilige plek geëet word. Dit is iets besonder heiligs.+  Die wet in verband met die sonde-offer geld ook vir die skuldoffer. Dit behoort aan die priester wat daarmee versoening doen.+  “‘Wanneer die priester die brandoffer namens iemand aanbied, sal die vel+ van die brandoffer wat na die priester gebring is, syne word.  “‘Elke graanoffer wat in die oond gebak word of wat in die pan of op die bakplaat voorberei word,+ behoort aan die priester wat dit aanbied. Dit sal syne word.+ 10  Maar elke graanoffer wat met olie gemeng is+ of wat droog is,+ sal vir al die seuns van Aäron wees. Elkeen sal ’n gelyke deel ontvang. 11  “‘En dít is die wet van die vrede-offer*+ wat iemand vir Jehovah mag aanbied: 12  As hy dit as ’n teken van sy dankbaarheid aanbied,+ moet hy die volgende saam met die dankoffer aanbied: ongesuurde ringvormige brode wat met olie gemaak is, ongesuurde platbrode wat met olie gesmeer is en ringvormige brode wat gemaak is met fynmeel wat goed met olie gemeng en met olie geknie is. 13  Hy moet sy offer saam met ringvormige gesuurde brode en die dankoffer van sy vrede-offers* aanbied. 14  Hy moet een van elke soort brood* as ’n heilige deel vir Jehovah aanbied. Dit sal aan die priester behoort wat die bloed van die vrede-offers*+ sprinkel. 15  Die vleis van die dankoffer van sy vrede-offers* moet geëet word op die dag dat hy dit offer. Hy mag niks daarvan bêre tot die oggend toe nie.+ 16  “‘As die offerande wat hy as offer bring ’n gelofte-offer+ of ’n vrywillige offer+ is, moet dit op die dag geëet word waarop hy sy offerande aanbied, en wat daarvan oorbly, mag ook die volgende dag geëet word. 17  Maar wat op die derde dag van die vleis van die offerande oorbly, moet met vuur verbrand word.+ 18  As daar egter wel op die derde dag van die vleis van sy vrede-offer* geëet word, sal die persoon wat dit aanbied, nie God se goedkeuring verkry nie. Dit sal nie in sy guns tel nie. Dit is iets afstootliks, en die persoon wat daarvan eet, sal die gevolge dra van sy oortreding.+ 19  Die vleis wat aan enigiets onreins raak, mag nie geëet word nie. Dit moet met vuur verbrand word. Elkeen wat rein is, mag die rein vleis eet. 20  “‘Maar enigeen wat onrein is en wat eet van die vleis van die vrede-offer,* wat vir Jehovah is, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.+ 21  As iemand aan enigiets onreins raak, hetsy die onreinheid van ’n mens+ of ’n onrein dier+ of enige walglike onrein ding,+ en van die vleis van die vrede-offer* eet, wat vir Jehovah is, moet hy doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.’” 22  Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 23  “Sê vir die Israeliete: ‘Julle mag geen vet+ van ’n bul of ’n jong skaapram of ’n bok eet nie. 24  Die vet van ’n dier wat dood gevind is en die vet van ’n dier wat deur ’n ander dier doodgemaak is, mag vir enige ander doel gebruik word, maar julle mag dit nooit eet nie.+ 25  Want elkeen wat vet eet van ’n dier wat hy as ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word. 26  “‘Julle mag geen bloed eet+ in enige van julle woonplekke nie, nie die bloed van voëls of van diere nie. 27  Enigiemand wat enige bloed eet, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.’”+ 28  Jehovah het verder vir Moses gesê: 29  “Sê vir die Israeliete: ‘Enigiemand wat sy vrede-offer* vir Jehovah aanbied, moet ’n deel van sy vrede-offer* as ’n offer vir Jehovah bring.+ 30  Hy moet die vet+ saam met die bors in sy eie hande as ’n vuuroffer vir Jehovah bring, en hy moet dit as ’n beweegoffer+ heen en weer voor Jehovah beweeg. 31  Die priester moet die vet op die altaar laat rook,+ maar die bors sal aan Aäron en sy seuns behoort.+ 32  “‘Julle moet uit julle vrede-offers* die regterboud as ’n heilige deel vir die priester gee.+ 33  Die seun van Aäron wat die bloed van die vrede-offers* en die vet aanbied, sal die regterboud as sy deel kry.+ 34  Want ek neem die bors van die beweegoffer en die boud van die heilige deel van die Israeliete se vrede-offers,* en ek gee dit aan die priester Aäron en sy seuns as ’n permanente wetsvoorskrif vir die Israeliete.+ 35  “‘Dit is die deel uit Jehovah se vuuroffers wat opsygesit moet word vir die priesters, vir Aäron en sy seuns, van die dag af dat hy hulle laat nader kom het om Jehovah as priesters te dien.+ 36  Op die dag toe Jehovah hulle gesalf het,+ het hy die Israeliete beveel om hierdie deel aan hulle te gee. Dit is ’n permanente wetsbepaling vir hulle en hulle nageslag.’” 37  Dit is die wet aangaande die brandoffer,+ die graanoffer,+ die sonde-offer,+ die skuldoffer,+ die inhuldigingsoffer+ en die vrede-offer,*+ 38  net soos Jehovah Moses op die berg Siʹnai beveel het+ op die dag toe hy die Israeliete beveel het om hulle offers vir Jehovah in die wildernis Siʹnai aan te bied.+

Voetnote

Of “aanhangsel”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Lett. “een van elke offer”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffer”.