Maleagi 1:1-14

  • Jehovah se liefde vir sy volk (1-5)

  • Priesters bring gebreklike offers (6-14)

    • God se naam sal groot wees onder nasies (11)

1  ’n Belangrike boodskap. Dít is die woord van Jehovah aan Israel deur middel van Maleaʹgi:*  “Ek het liefde aan julle betoon,”+ sê Jehovah. Maar julle vra: “Hoe het u aan ons liefde betoon?” “Was Esau nie Jakob se broer nie?”+ sê Jehovah. “Maar ek was lief vir Jakob,  en ek het Esau gehaat,+ en ek het sy berge verlate+ agtergelaat en sy erfdeel vir die jakkalse van die wildernis gelos.”+  “Al sê Edom: ‘Ons is verpletter, maar ons sal terugkeer en die verwoeste plekke herbou,’ sê Jehovah van die leërmagte: ‘Hulle sal bou, maar ek sal afbreek, en hulle sal “die gebied van goddeloosheid” genoem word, en “die volk wat vir ewig deur Jehovah veroordeel is”.+  Julle eie oë sal dit sien, en julle sal sê: “Mag Jehovah verheerlik word oor die gebied van Israel.”’”  “‘’n Seun eer sy vader,+ en ’n kneg sy meester. As ek dan ’n vader is,+ waar is die eer wat ek verdien?+ En as ek ’n meester is, waar is die vrees* wat ek verdien?’ sê Jehovah van die leërmagte vir julle, o priesters wat geen respek vir my naam het nie.+ “‘Maar julle vra: “Hoe het ons geen respek vir u naam getoon nie?”’  “‘Deur besoedelde voedsel* op my altaar aan te bied.’ “‘En julle vra: “Hoe het ons u onrein gemaak?”’ “‘Deur te sê: “Die tafel van Jehovah+ is iets afstootliks.”  En wanneer julle ’n blinde dier as ’n offerande aanbied, sê julle: “Dit is niks slegs nie.” En wanneer julle ’n kreupel of ’n siek dier aanbied: “Dit is niks slegs nie.”’”+ “Probeer dit asseblief vir julle goewerneur aanbied. Sal hy bly wees daaroor of julle vriendelik ontvang?” sê Jehovah van die leërmagte.  “Smeek God dan nou, asseblief,* sodat ons sy goedkeuring kan hê. Sal hy enigeen van julle goedkeur as julle sulke offerandes aanbied?” sê Jehovah van die leërmagte. 10  “En wie van julle is bereid om die deure te sluit?*+ Want julle wil nie eers my altaar sonder betaling aansteek nie.+ Ek keur julle nie goed nie,” sê Jehovah van die leërmagte, “en ek is nie tevrede met enige offergawe wat uit julle hand kom nie.”+ 11  “Want van waar die son opkom tot waar dit ondergaan,* sal my naam groot wees onder die nasies.+ Op elke plek sal offerandes as ’n rein gawe tot eer van my naam gebring word, en die rook daarvan sal opgaan, want my naam sal groot wees onder die nasies,”+ sê Jehovah van die leërmagte. 12  “Maar julle ontheilig dit*+ deur te sê: ‘Die tafel van Jehovah is besoedel, en die vrugte, dit wil sê die voedsel, is iets afstootliks.’+ 13  Julle sê ook: ‘Kyk! Dit is soveel moeite!’ en julle trek julle neus op daarvoor,” sê Jehovah van die leërmagte. “En julle bring gesteelde, kreupel en siek diere. Ja, julle bring sulke dinge as ’n gawe! Moet ek dit uit julle hand aanvaar?”+ sê Jehovah. 14  “Vervloek is die bedrieglike persoon wat ’n gesonde manlike dier in sy kudde het, maar wat ’n gelofte maak en ’n gebreklike dier aan Jehovah offer. Want ek is ’n groot Koning,”+ sê Jehovah van die leërmagte, “en my naam sal ontsagwekkend onder die nasies wees.”+

Voetnote

Beteken “my boodskapper”.
Of “respek”.
Lett. “brood”.
Of “Versag dan nou asseblief die aangesig van God”.
Blykbaar die taak om die deure van die tempel te sluit.
Of “van oos na wes”.
Of moontlik “my”.