Maleagi 4:1-6

  • Elia kom voor Jehovah se dag (1-6)

    • “Son van regverdigheid sal skyn” (2)

4  “Want kyk, die dag kom en dit brand soos ’n oond.+ Dan sal al die vermeteles* en almal wat slegte dinge doen, soos strooi word. Die dag wat kom, sal hulle beslis verslind,” sê Jehovah van die leërmagte, “en hulle met wortel en tak uitroei.  Maar die son van regverdigheid sal skyn op julle wat my naam eer,* met genesing in sy strale,* en julle sal vreugdevol rondspring soos vetgemaakte kalwers.”  “En julle sal die goddeloses onder julle voete vertrap, want hulle sal soos stof onder julle voete wees op die dag wanneer ek optree,” sê Jehovah van die leërmagte.  “Dink aan die Wet van my kneg Moses, die wetsvoorskrifte en oordele wat ek by Horeb aan die hele Israel gegee het om te gehoorsaam.+  “Kyk! Ek stuur vir julle die profeet Eliʹa+ voordat die groot en ontsagwekkende dag van Jehovah kom.+  En hy sal die harte van pa’s terugbring na kinders,+ en die harte van kinders na pa’s, sodat ek nie kom en die aarde tref en dit vernietig nie.”

Voetnote

Sien Mal 3:15, vtn.
Lett. “vrees”.
Lett. “vlerke”.