Miga 2:1-13

  • Dit sal sleg gaan met onderdrukkers! (1-11)

  • Israel verenig (12, 13)

    • Land sal gons van mense (12)

2  “Dit sal sleg gaan met dié wat skadelike dinge beplan,dié wat op hulle beddens slegte planne beraam! Wanneer die oggendlig kom, voer hulle dit uitomdat hulle die mag het om dit te doen.+   Hulle begeer die velde en huise van ander+en vat dit af. Deur bedrog beroof hulle ’n man van sy huis+en sy erfdeel.   Daarom sê Jehovah: ‘Ek beplan om rampspoed oor julle te bring+ waarvan julle nie sal ontsnap nie.+ Julle sal nie meer so hoogmoedig wees nie,+ want dit is ’n tyd van rampspoed.+   In daardie dag sal mense oor julle praat,en hulle sal bitterlik treur oor julle.+ Hulle sal sê: “Ons is heeltemal verpletter!+ Hy het ons erfdeel van ons af weggeneem en dit vir iemand anders gegee!+ Hy het ons grond vir die ontroue gegee.”   Daarom sal daar niemand in die gemeente van Jehovah weesom die land met ’n maatlyn uit te meet en dit toe te ken nie.   “Hou op profeteer!” sê hulle. “Hulle moenie hierdie dinge profeteer nie. Ons sal nie verneder word nie!”   O huis van Jakob, daar word gesê: “Het die gees van Jehovah ongeduldig geword? Is dit sy dade?” Bring my woorde nie goeie dinge vir dié wat bly by wat reg is nie?   Maar onlangs het my volk soos ’n vyand teen my opgestaan. Julle ruk die pragtige versiering saam met* die kledingstuk afvan dié wat vol vertroue verbygaan, soos dié wat van die oorlog af terugkeer.   Julle jaag die vrouens van my volk uit hulle gerieflike huise. Julle neem my seëninge vir ewig van hulle kinders af weg. 10  Staan op en gaan, want dit is nie ’n rusplek nie. As gevolg van onreinheid+ is daar verwoesting, vreeslike verwoesting.+ 11  As ’n man agter wind en leuens aanloop en hierdie leuen vertel: “Ek sal vir jou oor wyn en drank profeteer,”dan sal hy net die regte profeet vir hierdie volk wees!+ 12  Ek sal julle almal beslis versamel, o Jakob. Ek sal die oorblywendes van Israel vir seker bymekaarmaak.+ Ek sal hulle verenig soos skape in ’n kraal,soos ’n kudde in die weiveld.+ Die land sal gons van mense.’+ 13  Die een wat uitbreek, sal voor hulle uit gaan. Hulle sal uitbreek en deur die poort na buite gaan.+ Hulle koning sal voor hulle uit gaan,en Jehovah sal hulle almal lei.”+

Voetnote

Of moontlik “van”.