Nahum 1:1-15

  • God se wraak teen sy vyande (1-7)

    • God vereis uitsluitlike toegewydheid (2)

    • Jehovah hou dié in gedagte wat by hom beskerming soek (7)

  • Nineve sal vernietig word (8-14)

    • Vernietiging sal nie tweede keer hoef te kom nie (9)

  • Goeie nuus verkondig vir Juda (15)

1  ’n Oordeelsboodskap teen Niʹneve:+ Die boek van die visioen van Nahum,* die Elkosiet:   Jehovah is ’n God wat uitsluitlike toegewydheid vereis+ en wat wraak neem. Jehovah neem wraak en is gereed om aan sy woede uiting te gee.+ Jehovah neem wraak op sy teenstanders,en hy bewaar woede vir sy vyande.   Jehovah word nie gou kwaad nie+ en het groot krag,+maar Jehovah sal nie straf terughou van dié wat dit verdien nie.+ Hy gebruik verwoestende winde en storms,en die wolke is soos die stof van sy voete.+   Hy bestraf die see,+ en hy laat dit opdroog,en hy laat al die riviere droogloop.+ Basan en Karmel verlep,+en die bloeisels van die Liʹbanon-berge verlep.   Berge bewe as gevolg van hom,en die heuwels smelt.+ Die aarde sal skud weens sy gesig,asook die land en almal wat daarin woon.+   Wie kan voor sy groot woede bly staan?+ En wie kan sy gloeiende woede weerstaan?+ Sy woede sal soos vuur uitgestort word,en die rotse sal in stukke gebreek word weens hom.   Jehovah is goed,+ ’n vesting in moeilike tye.+ Hy hou dié in gedagte* wat by hom beskerming soek.+   Met ’n verwoestende vloed sal hy Niʹneve* heeltemal vernietig,en duisternis sal Sy vyande agtervolg.   Watter planne sal julle teen Jehovah beraam? Hy sal julle heeltemal vernietig. Hy sal vernietiging nie ’n tweede keer hoef te bring nie.+ 10  Want hulle is ineengevleg soos dorings,en hulle is soos dié wat dronk is van bier,*maar hulle sal verteer word soos droë strooi. 11  Uit jou sal daar iemand kom wat slegte planne teen Jehovah beraam,wat nuttelose raad gee. 12  Dít is wat Jehovah sê: “Al was hulle sterk en baie,sal hulle selfs dan aangeval word en doodgaan.* Ek het jou* laat swaarkry, maar ek sal jou nie meer laat swaarkry nie. 13  En nou sal ek sy juk breek wat op jou is,+en ek sal jou bande in twee skeur. 14  Jehovah het aangaande jou* beveel: ‘Jou naam sal nie meer voortbestaan nie. Ek sal die uitgekerfde beelde en die metaalbeelde uit die tempel* van jou gode uitroei. Ek sal vir jou ’n graf maak omdat jy niks beteken nie.’ 15  Kyk! Op die berge is die voete van iemand wat goeie nuus bring,wat vrede verkondig.+ Vier jou feeste,+ o Juda, betaal jou geloftes,want die nikswerd persoon sal nooit weer deur jou trek nie. Hy sal heeltemal vernietig word.”

Voetnote

Beteken “vertrooster”.
Of “sorg vir dié”. Lett. “ken dié”.
Lett. “haar plek”.
Of “koringbier”.
Of moontlik “en sal hy deurtrek”.
D.w.s. Juda.
D.w.s. Assirië.
Lett. “huis”.