Nahum 2:1-13

  • Nineve sal verwoes word (1-13)

    • “Poorte van die riviere sal oopgemaak word” (6)

2  Iemand wat verstrooi, het teen jou* opgekom.+ Bewaak die vestings. Hou waak oor die pad. Maak jou gereed* en skraap al jou krag bymekaar.   Want Jehovah sal die trots van Jakob herstel,saam met die trots van Israel,want die verwoesters het hulle verwoes.+ Hulle het hulle jong takkies verwoes.   Die skilde van sy sterk manne is rooi gekleur. Sy vegters dra rooi klere. Die ysterwapens van sy strydwa flits soos vuurop die dag dat hy gereedmaak vir oorlog,en die spiese van jenewerhout word rondgeswaai.   Die strydwaens jaag deur die strate. Hulle jaag op en af op die openbare pleine. Hulle skyn soos brandende fakkels en flits soos weerlig.   Hy sal sy amptenare laat roep. Hulle sal struikel terwyl hulle vorentoe gaan. Hulle jaag na haar muur toe. Hulle rig die versperring op.   Die poorte van die riviere sal oopgemaak word,en die paleis sal ineenstort.*   Dit is bepaal:* Sy is ontbloot,sy is weggeneem, en haar slavinne kerm. Hulle klink soos duiwe terwyl hulle op hulle bors* slaan.   Niʹneve+ was gedurende al haar dae soos ’n dam water,maar nou vlug hulle. “Staan stil! Staan stil!” Maar niemand draai terug nie.+   Vat die silwer, vat die goud! Daar is geen einde aan die skatte nie. Dit is vol allerhande kosbare dinge. 10  Die stad is leeg, verlate en verwoes!+ Hulle harte smelt van vrees, hulle knieë knak, hulle heupe bewe. Hulle almal se gesigte is bleek. 11  Waar is die lêplek van leeus,+ waar die jong leeus* vreet,waar die leeu met sy leeuwelpie loopen niemand hulle bang maak nie? 12  Die leeu het genoeg prooi vir sy leeuwelpies verskeuren genoeg prooi vir sy leeuwyfies gewurg. Hy het sy gate met prooi gevul gehou,sy lêplekke met verskeurde diere. 13  “Kyk! Ek is teen jou,” sê Jehovah van die leërmagte,+“ek sal jou strydwaens in rook laat opgaan,+en die swaard sal jou jong leeus* verslind. Ek sal jou prooi van die aarde af uitroei,en die geluid van jou boodskappers sal nie meer gehoor word nie.”+

Voetnote

D.w.s. Nineve.
Lett. “Versterk die heupe”.
Lett. “wegsmelt”.
Of “vasgestel”.
Lett. “harte”.
Of “jong maanhaarleeus”.
Of “jong maanhaarleeus”.