Nehemia 10:1-39

  • Volk stem in om Wet te gehoorsaam (1-39)

    • “Ons sal nie die huis van ons God verwaarloos nie” (39)

10  Die persone wat dit bevestig het deur hulle seël daarop te sit,+ was: Nehemiʹa, die goewerneur,* die seun van Hagalʹja,en Sedekiʹa,  Seraʹja, Asarʹja, Jeremia,  Pasgur, Amarʹja, Malkiʹa,  Hattus, Sebanʹja, Mallug,  Harim,+ Meʹremot, Obadʹja,  Daniël,+ Ginʹneton, Barug,  Mesulʹlam, Abiʹa, Mijaʹmin,  Maäsʹja, Bilgai en Semaʹja. Hulle is die priesters.  Ook die Leviete: Jeʹsua, die seun van Asanʹja, Binʹnuï van die seuns van Heʹnadad, Kadʹmiël+ 10  en hulle broers Sebanʹja, Hodiʹa, Keliʹta, Pelaʹja, Hanan, 11  Miga, Rehob, Hasabʹja, 12  Sakkur, Serebʹja,+ Sebanʹja, 13  Hodiʹa, Bani en Beniʹnu. 14  Die hoofde van die volk: Paros, Pahat-Moab,+ Elam, Sattu, Bani, 15  Bunni, Asgad, Bebai, 16  Adoʹnia, Bigwai, Adin, 17  Ater, Hiskiʹa, Assur, 18  Hodiʹa, Hasum, Besaï, 19  Harif, Aʹnatot, Nebai, 20  Magpiʹas, Mesulʹlam, Hesir, 21  Mesesaʹbel, Sadok, Jadʹdua, 22  Pelatʹja, Hanan, Anaʹja, 23  Hoseʹa, Hananʹja, Hassub, 24  Halloʹhes, Pilha, Sobek, 25  Rehum, Hasabʹna, Maäseʹja, 26  Ahiʹa, Hanan, Anan, 27  Mallug, Harim en Baäna. 28  Die res van die volk het die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers en die tempelknegte* ingesluit, sowel as elkeen wat hom van die volke van die lande afgesonder het om die Wet van die ware God te volg,+ saam met hulle vrouens, hulle seuns en hulle dogters, almal wat kennis en begrip gehad het.* 29  Hulle het aangesluit by hulle broers, hulle belangrike manne, en hulle het hulleself onder ’n vloek en ’n eed geplaas. So het hulle belowe om te bly by die Wet van die ware God, wat deur middel van Moses, die kneg van die ware God, gegee is en om al die gebooie, oordele en wetsvoorskrifte van Jehovah ons Here noukeurig te gehoorsaam. 30  Ons sal nie ons dogters aan die volke van die land gee nie, en ons sal nie hulle dogters vir ons seuns neem nie.+ 31  As die volke van die land hulle handelsware en allerhande soorte graan inbring om op die Sabbatdag te verkoop, sal ons niks op die Sabbat+ of op ’n heilige dag+ by hulle koop nie. Ons sal ook in die sewende jaar+ nie die grond bewerk nie, en ons sal enige uitstaande skuld kanselleer.+ 32  Ons het onsself ook verplig om elke jaar ’n derde van ’n sikkel* te gee vir die diens van die huis* van ons God,+ 33  vir die stapelbrode,*+ vir die gereelde graanoffer,+ vir die gereelde brandoffer van die Sabbatte+ en die nuwemane+ en vir die vasgestelde feeste,+ vir die heilige dinge, vir die sonde-offers+ om vir Israel versoening te doen en vir al die werk van die huis van ons God. 34  Ons het ook die lot gewerp om te bepaal op watter vasgestelde tye van die jaar elke familie van die priesters, die Leviete en die volk hout na die huis van ons God moet bring sodat dit op die altaar van Jehovah ons God gebrand kan word, volgens wat in die Wet geskryf is.+ 35  Ons sal ook die eerste opbrengs van ons land en die eerste ryp vrugte van elke soort vrugteboom jaar ná jaar na die huis van Jehovah bring,+ 36  sowel as die eersgeborenes van ons seuns en ons vee+ – volgens wat in die Wet geskryf is – en die eersgeborenes van ons beeste en ons kleinvee. Ons sal hulle na die huis van ons God bring, na die priesters wat in die huis van ons God dien.+ 37  Ons sal ook die eerste* van ons growwe meel,+ ons bydraes, die vrugte van elke soort boom,+ nuwe wyn en olie+ na die priesters bring, na die stoorkamers* van die huis van ons God.+ Ons sal ook die tiende van ons land na die Leviete bring,+ want dit is die Leviete wat die tiendes in al ons landboustede insamel. 38  En die priester, die seun van Aäron, moet by die Leviete wees wanneer die Leviete die tiende insamel, en die Leviete moet ’n tiende van die tiende na die huis van ons God bring,+ na die kamers* van die pakhuis. 39  Want die Israeliete en die kinders van die Leviete moet die bydrae+ van die graan, die nuwe wyn en die olie+ na die stoorkamers* bring, en dit is waar die voorwerpe van die heiligdom is, sowel as die priesters wat diens doen, die poortwagters en die sangers. Ons sal nie die huis van ons God verwaarloos nie.+

Voetnote

Of “die Tirsata”, ’n Persiese titel vir ’n goewerneur van ’n provinsie.
Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
Of moontlik “almal wat oud genoeg was om te verstaan”.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “tempel”.
D.w.s. die offerbrode.
Of “eetsale”.
Of “die eerstelinge”. Sien Woordelys.
Of “eetsale”.
Of “eetsale”.