Nehemia 3:1-32
-
Mure herbou (1-32)
3 Die hoëpriester Eljaʹsib+ en sy broers, die priesters, het opgestaan om die Skaappoort+ te bou. Hulle het dit geheilig*+ en die deure ingesit. Hulle het dit tot by die Mea-toring+ en tot by die Hanaʹnel-toring+ geheilig.
2 Langs hulle het die manne van Jeʹrigo+ gebou, en langs hulle het Sakkur, die seun van Imri, gebou.
3 Die seuns van Hasseʹnaä het die Vispoort+ gebou. Hulle het die balke ingesit,+ en toe die deure, die sluitbalke en die grendels.
4 Langs hulle het Meʹremot,+ die seun van Uriʹa, die seun van Hakkos, herstelwerk gedoen, en langs hulle het Mesulʹlam,+ die seun van Beregʹja, die seun van Mesesaʹbel, herstelwerk gedoen, en langs hulle het Sadok, die seun van Baäna, herstelwerk gedoen.
5 En langs hulle het die Tekoïete+ herstelwerk gedoen, maar die belangrike manne onder hulle wou hulle nie verneder* om werk vir hulle meesters te doen nie.
6 Jojaʹda, die seun van Paseʹag, en Mesulʹlam, die seun van Besodʹja, het die Poort van die Ou Stad+ reggemaak. Hulle het die balke ingesit, en toe die deure, die sluitbalke en die grendels.
7 Langs hulle het Melatʹja, die Gibeoniet,+ en Jadon, die Meronotiet, herstelwerk gedoen, manne van Giʹbeon en Mispa+ wat onder die gesag was* van die goewerneur van die gebied anderkant die Rivier.*+
8 Langs hulle het Usʹsiël, die seun van Harhaʹja, een van die goudsmede, herstelwerk gedoen, en langs hom het Hananʹja, een van die salfmengers,* herstelwerk gedoen, en hulle het plaveiklippe in Jerusalem gelê tot by die Breë Muur.+
9 En langs hulle het Refaʹja, die seun van Hur, ’n leier van die helfte van die Jerusalem-distrik, herstelwerk gedoen.
10 Langs hulle het Jedaʹja, die seun van Haruʹmaf, herstelwerk oorkant sy eie huis gedoen, en langs hom het Hattus, die seun van Hasabneʹja, herstelwerk gedoen.
11 Malkiʹa, die seun van Harim,+ en Hassub, die seun van Pahat-Moab,+ het ’n ander deel* reggemaak, sowel as die Oondtoring.+
12 En langs hulle het Sallum, die seun van Halloʹhes, ’n leier van die helfte van die Jerusalem-distrik, herstelwerk gedoen, hy en sy dogters.
13 Hanun en die inwoners van Sanoʹag+ het die Valleipoort+ reggemaak. Hulle het dit gebou en toe die deure, die sluitbalke en die grendels ingesit, en hulle het 1 000 el* van die muur tot by die Aspoort+ reggemaak.
14 Malkiʹa, die seun van Regab, ’n leier van die distrik Bet-Hakkeʹrem,+ het die Aspoort reggemaak. Hy het dit gebou en die deure, die sluitbalke en die grendels ingesit.
15 Sallun, die seun van Kolhoseʹ, ’n leier van die distrik Mispa,+ het die Fonteinpoort+ reggemaak. Hy het die poort en die dak gebou, en hy het die deure, die sluitbalke en die grendels ingesit. Hy het ook die muur van die Kanaaldam+ by die Koningstuin+ reggemaak tot by die Trap+ wat van die Stad van Dawid+ afloop.
16 Langs hom het Nehemiʹa, die seun van Asbuk, ’n leier van die helfte van die distrik Bet-Sur,+ herstelwerk gedoen van oorkant die Grafte van Dawid+ af tot by die dam+ wat gebou is en tot by die Huis van die Vegters.
17 Langs hom het die Leviete herstelwerk gedoen: Rehum, die seun van Bani, en langs hom het Hasabʹja, ’n leier van die helfte van die distrik Kehiʹla,+ herstelwerk vir sy distrik gedoen.
18 Langs hom het hulle broers herstelwerk gedoen: Bawwai, die seun van Heʹnadad, ’n leier van die helfte van die distrik Kehiʹla.
19 En langs hom het Eser, die seun van Jeʹsua,+ ’n leier van Mispa, ’n ander deel reggemaak oorkant die plek waar ’n mens opgaan na die Wapenhuis by die Steunmuur.+
20 Langs hom het Barug, die seun van Sabbai,+ ywerig gewerk en ’n ander deel reggemaak, van die Steunmuur af tot by die ingang van die huis van die hoëpriester Eljaʹsib.+
21 Langs hom het Meʹremot,+ die seun van Uriʹa, die seun van Hakkos, ’n ander deel reggemaak, van die een kant van Eljaʹsib se huis af, waar die ingang was, tot by die ander kant van die huis.
22 En langs hom het die priesters, manne van die Jordaandistrik,*+ herstelwerk gedoen.
23 Langs hulle het Benjamin en Hassub herstelwerk oorkant hulle eie huis gedoen. Langs hulle het Asarʹja, die seun van Maäseʹja, die seun van Ananʹja, herstelwerk naby sy eie huis gedoen.
24 Langs hom het Binʹnuï, die seun van Heʹnadad, ’n ander deel reggemaak, van die huis van Asarʹja af tot by die Steunmuur+ en tot by die hoek.
25 Langs hom het Palal die seun van Usai herstelwerk gedoen oorkant die Steunmuur en die toring wat van die Paleis van die Koning+ uitsteek, die boonste toring wat by die Voorhof van die Wagte+ is. Langs hom was Pedaʹja, die seun van Paros.+
26 En die tempelknegte*+ wat in Ofel gewoon het,+ het herstelwerk gedoen tot oorkant die Waterpoort+ aan die oostekant en tot by die toring wat uitsteek.
27 Langs hulle het die Tekoïete+ ’n ander deel reggemaak, van oorkant die groot toring wat uitsteek tot by die Ofel-muur.
28 Die priesters het bokant die Perdepoort+ herstelwerk gedoen, elkeen oorkant sy eie huis.
29 Langs hulle het Sadok,+ die seun van Immer, herstelwerk oorkant sy eie huis gedoen.
En langs hom het Semaʹja, die seun van Seganʹja, die opsigter van die Oospoort,+ herstelwerk gedoen.
30 Langs hom het Hananʹja, die seun van Selemʹja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, ’n ander deel reggemaak.
Langs hom het Mesulʹlam,+ die seun van Beregʹja, herstelwerk oorkant sy eie saal gedoen.
31 Langs hom het Malkiʹa, ’n goudsmid,* herstelwerk gedoen tot by die huis van die tempelknegte*+ en die handelaars, oorkant die Inspeksiepoort en tot by die dakvertrek van die hoek.
32 En tussen die dakvertrek van die hoek en die Skaappoort+ het die goudsmede en die handelaars herstelwerk gedoen.
Voetnote
^ Of “toegewy”.
^ Of “wou nie hulle nek buig”.
^ Of “die goewerneur van die Trans-Eufraat”.
^ Lett. “wat behoort het aan die troon”.
^ Of “parfuummakers”.
^ Of “afgemete deel”.
^ Of moontlik “die nabygeleë distrik”.
^ Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.
^ Of “’n lid van die gilde van die goudsmede”.
^ Of “die Netinim”. Lett. “die gegewenes”.