Nehemia 6:1-19

  • Bouwerk nog steeds teëgestaan (1-14)

  • Muur in 52 dae voltooi (15-19)

6  Net toe daar vir Sanbalʹlat en Tobiʹa+ en Gesem, die Arabier,+ en die res van ons vyande vertel is dat ek die muur herbou het+ en dat daar nie meer gapings in die muur was nie (al het ek tot op daardie tyd nog nie die deure in die poorte ingesit nie),+  het Sanbalʹlat en Gesem onmiddellik die volgende boodskap aan my gestuur: “Kom, en laat ons afspreek om in die dorpies van die Valleivlakte van Ono+ te ontmoet.” Maar hulle het planne beraam om iets slegs aan my te doen.  Ek het dus boodskappers na hulle toe gestuur om te sê: “Ek is besig met ’n groot werk, en ek kan nie kom nie. Die werk sal stilstaan as ek dit los om na julle toe te kom.”  Hulle het dieselfde boodskap vier keer na my toe gestuur, en ek het hulle elke keer dieselfde antwoord gegee.  Toe het Sanbalʹlat ’n vyfde keer sy dienaar met dieselfde boodskap na my toe gestuur, met ’n oop brief in sy hand.  Dit het gesê: “Daar word onder die nasies gesê, en Gesem+ sê dit ook, dat jy en die Jode planne beraam om in opstand te kom.+ Dit is hoekom jy die muur bou, en volgens hierdie stories gaan jy hulle koning word.  Jy het ook profete aangestel om in die hele Jerusalem aan te kondig dat jy ’n koning in Juda is. En nou sal hierdie dinge vir die koning vertel word. Kom dan nou, en laat ons dit saam bespreek.”  Maar ek het die volgende antwoord aan hom gestuur: “Nie een van die dinge wat jy gesê het, het gebeur nie. Jy het dit self* opgemaak.”  Want hulle almal het ons probeer bang maak en het gesê: “Hulle hande sal slap word in die werk, en dit sal nie gedoen word nie.”+ Maar nou bid ek: Versterk asseblief my hande.+ 10  Toe het ek na die huis van Semaʹja, die seun van Delaʹja, die seun van Mehetaʹbel, gegaan terwyl hy hom daar toegesluit het. Hy het gesê: “Laat ons ’n tyd vasstel om te ontmoet by die huis van die ware God, in die tempel, en laat ons die deure van die tempel toemaak, want hulle kom om u dood te maak. Hulle kom om u in die nag dood te maak.” 11  Maar ek het gesê: “Moet ’n man soos ek vlug? Kan ’n man soos ek in die tempel ingaan en bly lewe?+ Ek sal nie ingaan nie!” 12  Toe het ek besef dat God hom nie gestuur het nie, maar dat Tobiʹa en Sanbalʹlat+ hom gehuur het om hierdie profesie teen my uit te spreek. 13  Hy is gehuur om my bang te maak en om my te laat sondig, want dan sou hulle my ’n slegte reputasie kon gee, sodat hulle my kon bespot. 14  O my God, dink aan Tobiʹa+ en Sanbalʹlat en aan wat hulle gedoen het en ook aan die profetes Noadʹja en die res van die profete wat my die hele tyd probeer bang maak het. 15  Die muur is voltooi op die 25ste dag van Elul,* in 52 dae. 16  Toe al ons vyande dit hoor en al die nasies om ons dit sien, het hulle baie vernederd gevoel,*+ en hulle het besef dat hierdie werk met ons God se hulp gedoen is. 17  In daardie dae het die leiers+ van Juda baie briewe aan Tobiʹa gestuur, en Tobiʹa het dit beantwoord. 18  Baie in Juda het belowe om aan sy kant te wees, want hy was ’n skoonseun van Seganʹja, die seun van Arag,+ en sy seun Johaʹnan het met die dogter van Mesulʹlam,+ die seun van Beregʹja, getrou. 19  Hulle het ook die hele tyd vir my goeie dinge van hom vertel en dan vir hom gaan vertel wat ek gesê het. Dan het Tobiʹa briewe gestuur om my bang te maak.+

Voetnote

Lett. “uit jou hart”.
Lett. “het hulle grootliks in hulle eie oë geval”.