Numeri 1:1-54

  • Registrasie van mans vir leërmag (1-46)

  • Leviete vrygestel van diens in leërmag (47-51)

  • Organisasie van kamp (52-54)

1  En Jehovah het met Moses in die wildernis Siʹnai gepraat,+ in die tent van samekoms,+ op die eerste dag van die tweede maand, in die tweede jaar ná hulle uittog uit Egipte.+ Hy het gesê:  “Neem ’n sensus op+ van die hele gemeenskap van Israel. Tel al die mans een vir een, volgens hulle families, volgens hulle vaderhuise, volgens die getal van hulle name.  Jy en Aäron moet almal van 20 jaar en ouer+ wat in die leërmag van Israel kan dien, volgens afdelings* registreer.  “Neem een man van elke stam saam met jou. Elkeen moet ’n hoof van sy vaderhuis wees.+  Dít is die name van die manne wat by julle sal staan: van Ruben: Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür;  van Siʹmeon: Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai;  van Juda: Nagson,+ die seun van Amminaʹdab;  van Isʹsaskar: Netaʹnel,+ die seun van Suar;  van Seʹbulon: Eliʹab,+ die seun van Helon; 10  van die seuns van Josef: van Eʹfraim:+ Elisaʹma, die seun van Ammiʹhud; van Manasʹse: Gamaʹliël, die seun van Pedaʹsur; 11  van Benjamin: Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni; 12  van Dan: Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai; 13  van Aser: Paʹgiël,+ die seun van Ogran; 14  van Gad: Eljaʹsaf,+ die seun van Deʹhuel; 15  van Nafʹtali: Ahiʹra,+ die seun van Enan. 16  Dit is die manne wat uit die gemeenskap van Israel gekies is. Hulle is die hoofmanne+ van die stamme van hulle vaders, die hoofde van die duisende van Israel.”+ 17  Toe het Moses en Aäron hierdie manne geneem wat by naam aangewys is. 18  Hulle het die hele gemeenskap van Israel op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom, sodat die mans van 20 jaar en ouer een vir een by naam geregistreer kon word,+ volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis, 19  net soos Jehovah Moses beveel het. So het hy hulle in die wildernis Siʹnai geregistreer.+ 20  Die seuns van Ruben, die nakomelinge van Israel se eersgeborene,+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 21  en die getal mans wat van die stam van Ruben geregistreer is, was 46 500. 22  Die nakomelinge van Siʹmeon+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 23  en die getal mans wat van die stam van Siʹmeon geregistreer is, was 59 300. 24  Die nakomelinge van Gad+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 25  en die getal mans wat van die stam van Gad geregistreer is, was 45 650. 26  Die nakomelinge van Juda+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 27  en die getal mans wat van die stam van Juda geregistreer is, was 74 600. 28  Die nakomelinge van Isʹsaskar+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 29  en die getal mans wat van die stam van Isʹsaskar geregistreer is, was 54 400. 30  Die nakomelinge van Seʹbulon+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 31  en die getal mans wat van die stam van Seʹbulon geregistreer is, was 57 400. 32  Die nakomelinge van Josef deur Eʹfraim+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 33  en die getal mans wat van die stam van Eʹfraim geregistreer is, was 40 500. 34  Die nakomelinge van Manasʹse+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 35  en die getal mans wat van die stam van Manasʹse geregistreer is, was 32 200. 36  Die nakomelinge van Benjamin+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 37  en die getal mans wat van die stam van Benjamin geregistreer is, was 35 400. 38  Die nakomelinge van Dan+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 39  en die getal mans wat van die stam van Dan geregistreer is, was 62 700. 40  Die nakomelinge van Aser+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 41  en die getal mans wat van die stam van Aser geregistreer is, was 41 500. 42  Die nakomelinge van Nafʹtali+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 43  en die getal mans wat van die stam van Nafʹtali geregistreer is, was 53 400. 44  Dit is die mans wat geregistreer is deur Moses, Aäron en die 12 hoofmanne van Israel. Elke hoofman het sy vaderhuis verteenwoordig. 45  Al die Israeliete van 20 jaar en ouer wat in die leërmag van Israel kon dien, is volgens hulle vaderhuis geregistreer, 46  en al die mans wat geregistreer is, was altesaam 603 550.+ 47  Maar die Leviete+ is nie saam met hulle volgens die stam van hulle vaders geregistreer nie.+ 48  Jehovah het vir Moses gesê: 49  “Slegs die stam van Levi mag jy nie registreer nie, en jy mag nie die getal Leviete by die res van die Israeliete insluit nie.+ 50  Jy moet die Leviete oor die tabernakel van die Getuienis+ aanstel en oor al sy voorwerpe en oor alles wat daarby behoort.+ Hulle sal die tabernakel en al sy voorwerpe dra,+ en hulle sal daar dien+ en sal rondom die tabernakel kamp opslaan.+ 51  Wanneer die tabernakel verskuif moet word, moet die Leviete dit afbreek.+ En wanneer die tabernakel weer opgeslaan moet word, moet die Leviete dit doen. Enigiemand anders* wat nader kom, moet doodgemaak word.+ 52  “Elke Israeliet moet sy tent opslaan in die kamp waar hy toegewys is, elke man volgens sy driestamgroep,*+ volgens hulle afdelings.* 53  Die Leviete moet rondom die tabernakel van die Getuienis kamp opslaan, sodat ek nie woedend word vir die gemeenskap van Israel nie.+ En dit is die Leviete se verantwoordelikheid om na die tabernakel van die Getuienis om te sien.”*+ 54  Die volk Israel het gedoen volgens alles wat Jehovah Moses beveel het. Hulle het net so gedoen.

Voetnote

Lett. “volgens hulle leërmagte”.
Lett. “Enige vreemdeling”, d.w.s. iemand wat nie ’n Leviet is nie.
Of “elke man by sy banier”.
Lett. “leërmagte”.
Of “om die tabernakel van die Getuienis te bewaak; om hulle diens by die tabernakel van die Getuienis te verrig”.