Numeri 29:1-40

  • Prosedure vir verskeie offers (1-40)

    • Dag waarop trompette geblaas is (1-6)

    • Versoendag (7-11)

    • Huttefees (12-38)

29  “‘En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet julle ’n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen harde werk doen nie.+ Dit is ’n dag waarop julle op die trompet moet blaas.+  Julle moet die volgende as ’n brandoffer met ’n aangename* geur vir Jehovah offer: een jong bul, een skaapram en sewe ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek,  en drie tiendes van ’n efa fynmeel wat met olie gemeng is as die graanoffer vir die bul, twee tiendes vir die skaapram  en een tiende vir elkeen van die sewe ramlammers.  En een jong bokram moet as ’n sonde-offer geoffer word om vir julle versoening te doen.  Dit is bo en behalwe die maandelikse brandoffer en die graanoffer wat daarmee saamgaan+ en die gereelde brandoffer en die graanoffer wat daarmee saamgaan,+ saam met hulle drankoffers,+ volgens die gewone prosedure daarvoor, as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah.  “‘En op die tiende van die sewende maand moet julle ’n heilige byeenkoms hou,+ en julle moet julle verneder.* Julle mag geen werk doen nie.+  En julle moet die volgende as ’n brandoffer met ’n aangename* geur vir Jehovah offer: een jong bul, een skaapram en sewe ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+  En as hulle graanoffer van fynmeel wat met olie gemeng is, drie tiendes van ’n maat vir die bul, twee tiendes vir die skaapram 10  en ’n tiende vir elkeen van die sewe ramlammers. 11  Julle moet ook een boklam as ’n sonde-offer bring, bo en behalwe die sonde-offer van versoening+ en die gereelde brandoffer en die graanoffer wat daarmee saamgaan, saam met hulle drankoffers. 12  “‘En op die 15de dag van die sewende maand moet julle ’n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen harde werk doen nie, en julle moet sewe dae lank ’n fees vir Jehovah vier.+ 13  En julle moet die volgende as ’n brandoffer aanbied,+ as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah: 13 jong bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 14  En hulle graanoffer van fynmeel wat met olie gemeng is, moet drie tiendes van ’n maat vir elkeen van die 13 bulle wees, twee tiendes vir elkeen van die 2 skaapramme 15  en ’n tiende vir elkeen van die 14 ramlammers. 16  En een boklam moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer met die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+ 17  “‘En op die tweede dag: 12 jong bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 18  Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 19  En een boklam moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer met die graanoffer en drankoffers wat daarmee saamgaan.+ 20  “‘En op die derde dag: 11 bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 21  Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 22  En een bok moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+ 23  “‘En op die vierde dag: 10 bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 24  Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 25  En een boklam moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+ 26  “‘En op die vyfde dag: 9 bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 27  Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 28  En een bok moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+ 29  “‘En op die sesde dag: 8 bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 30  Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 31  En een bok moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en die drankoffers wat daarmee saamgaan.+ 32  “‘En op die sewende dag: 7 bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 33  Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 34  En een bok moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+ 35  “‘Op die agtste dag moet julle ’n heilige vergadering hou. Julle mag geen harde werk doen nie.+ 36  Julle moet die volgende as ’n brandoffer aanbied, as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah: een bul, een skaapram en sewe ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 37  Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bul, die skaapram en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 38  En een bok moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+ 39  “‘Julle moet dit op julle seisoenfeeste+ aan Jehovah offer, bo en behalwe julle gelofte-offers,+ julle vrywillige offers+ wat as brandoffers+ aangebied word, julle graanoffers,+ julle drankoffers+ en julle vrede-offers.’”*+ 40  Moses het vir die Israeliete alles vertel wat Jehovah hom beveel het.

Voetnote

Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Kan verwys na verskeie vorme van selfonthouding, insluitende die gebruik om te vas.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “gemeenskapsoffers”.