’n Openbaring aan Johannes 15:1-8

  • Sewe engele met sewe plae (1-8)

    • Lied van Moses en van die Lam (3, 4)

15  En ek het in die hemel ’n ander teken gesien, groot en wonderlik: sewe engele+ met sewe plae. Dit is die laastes, want deur middel daarvan word die woede van God tot ’n einde gebring.+  En ek het iets gesien wat gelyk het soos ’n see van glas+ wat met vuur gemeng is, en dié wat die wilde dier en sy beeld+ en die getal van sy naam+ oorwin het,+ het by die see van glas gestaan en harpe van God vasgehou.  Hulle het die lied van Moses,+ die slaaf van God, en die lied van die Lam+ gesing en gesê: “Groot en wonderlik is u werke,+ Jehovah* God, die Almagtige.+ U is regverdig en betroubaar in alles wat u doen,+ Koning van die ewigheid.+  Wie sal u nie werklik vrees nie, Jehovah,* en u naam nie verheerlik nie? Want u alleen is lojaal.+ Al die nasies sal kom en voor u aanbid+ omdat u regverdige oordele geopenbaar is.”  Daarna het ek gesien dat die heiligdom van die tent van die getuienis+ in die hemel oopgemaak is,+  en die sewe engele met die sewe plae+ het uit die heiligdom uitgekom, en hulle het skoon, blink linne aangehad met goue bande om hulle bors.  Een van die vier lewende wesens het vir die sewe engele sewe goue bakke gegee, wat vol was van die woede van God,+ wat vir ewig en altyd lewe.  En die heiligdom het vol rook geword weens die heerlikheid van God+ en weens sy krag, en niemand kon in die heiligdom ingaan totdat die sewe plae+ van die sewe engele verby was nie.

Voetnote