’n Openbaring aan Johannes 6:1-17
6 En ek het gesien toe die Lam+ een van die sewe seëls oopmaak,+ en ek het een van die vier lewende wesens+ met ’n stem so hard soos ’n donderslag hoor sê: “Kom!”
2 En ek het gekyk en ’n wit perd gesien,+ en die een wat daarop sit, het ’n boog gehad, en ’n kroon is vir hom gegee,+ en hy het uitgegaan om te oorwin en om sy oorwinning te voltooi.+
3 Toe hy die tweede seël oopmaak, het ek die tweede lewende wese+ hoor sê: “Kom!”
4 ’n Ander een het verskyn, ’n vuurkleurige perd, en die een wat daarop sit, het gesag ontvang om vrede van die aarde weg te neem sodat hulle mekaar sou doodmaak, en ’n groot swaard is vir hom gegee.+
5 Toe hy die derde seël oopmaak,+ het ek die derde lewende wese+ hoor sê: “Kom!” En ek het gekyk en ’n swart perd gesien, en die een wat daarop sit, het ’n weegskaal in sy hand gehad.
6 Ek het iets tussen die vier lewende wesens gehoor wat soos ’n stem geklink het, en dit het gesê: “’n Liter* koring vir ’n denaʹrius,*+ en drie liter gars vir ’n denaʹrius, en moenie die olyfolie en die wyn beskadig nie.”+
7 Toe hy die vierde seël oopmaak, het ek die stem van die vierde lewende wese+ hoor sê: “Kom!”
8 En ek het gekyk en ’n vaal perd gesien, en die een wat daarop sit, het die naam Dood gehad. En die Graf* het hom gevolg en was reg agter hom. En hulle het gesag oor die vierde deel van die aarde ontvang, om dood te maak met ’n lang swaard en voedseltekorte+ en dodelike plae en die wilde diere van die aarde.+
9 Toe hy die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altaar+ die siele*+ gesien van dié wat doodgemaak is weens die woord van God en weens die getuienis wat hulle gegee het.+
10 Hulle het met ’n harde stem uitgeroep: “Hoe lank sal dit nog neem, Soewereine Heer, heilig en waar,+ voordat u dié wat op die aarde woon, oordeel en wraak neem vir ons bloed?”+
11 En ’n wit kleed is vir elkeen van hulle gegee,+ en daar is vir hulle gesê om nog ’n klein rukkie te rus, totdat die getal van hulle medeslawe en hulle broers wat binnekort net soos hulle doodgemaak gaan word, volledig is.+
12 En ek het gesien toe hy die sesde seël oopmaak, en daar was ’n groot aardbewing, en die son het swart geword soos saklinne wat van hare* gemaak is, en die hele maan het soos bloed geword,+
13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos wanneer ’n sterk wind die groen vye van ’n vyeboom laat afval.
14 En die hemel het verdwyn soos ’n boekrol wat opgerol word,+ en elke berg en elke eiland is uit sy plek verwyder.+
15 Toe het die konings van die aarde, die hoë amptenare, die militêre bevelvoerders, die rykes, die sterkes, elke slaaf en elke vry persoon tussen die grotte en die rotse van die berge gaan wegkruip.+
16 En hulle hou aan om vir die berge en vir die rotse te sê: “Val op ons+ en bedek ons sodat ons beskerm sal wees teen die Een wat op die troon sit+ en teen die woede van die Lam,+
17 want die groot dag van hulle woede het gekom,+ en wie kan staan?”+
Voetnote
^ Waarskynlik bokhaar.