Prediker 1:1-18

  • Alles is nutteloos (1-11)

    • Aarde bestaan vir ewig (4)

    • Kringlope in natuur (5-7)

    • Niks nuuts onder son (9)

  • Mens se wysheid beperk (12-18)

    • Gejaag na wind (14)

1  Die woorde van die byeenbringer,*+ die seun van Dawid, die koning in Jerusalem.+   “Dit is heeltemal nutteloos!”* sê die byeenbringer. “Dit is heeltemal nutteloos! Alles is nutteloos!”+   Watter voordeel kry ’n mens uit al sy harde werk,uit alles waaraan hy hard werk op hierdie aarde?+   ’n Geslag gaan, en ’n geslag kom,maar die aarde bestaan vir ewig.+   Die son kom op, en die son gaan onder,en dan keer dit vinnig terug na die plek waar dit weer opkom.+   Die wind waai na die suide en draai weer na die noorde. Dit waai hierdie kant toe en daardie kant toe; die wind sirkel om en om.   Al die riviere* loop in die see in, en tog word die see nie vol nie.+ Die riviere keer terug na waar hulle vandaan kom, sodat hulle weer kan vloei.+   Alles maak ’n mens moeg. Niemand kan dit beskryf nie. Die oog kry nie genoeg van sien nie,en ook nie die oor van hoor nie.   Wat was, sal weer wees,en wat gedoen is, sal weer gedoen word. Daar is niks nuuts onder die son nie.+ 10  Is daar enigiets waarvan ’n mens kan sê: “Kyk hier – dit is nuut”? Dit het lankal reeds bestaan. Dit het voor ons tyd al bestaan. 11  Niemand onthou mense wat lank gelede geleef het nie,en niemand sal dié onthou wat later kom nie. En ook hulle sal nie onthou word deur dié wat nog later kom nie.+ 12  Ek, die byeenbringer, is koning oor Israel in Jerusalem.+ 13  Ek het besluit* om wysheid te gebruik+ om alles te bestudeer en te ondersoek wat onder die hemel gedoen is+ – die frustrerende bedrywighede wat God aan die mensekinders gegee het en wat hulle besig hou. 14  Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen is, en ek het gesien dat alles nutteloos is, ’n gejaag na wind.+ 15  Wat krom is, kan nie reguit gemaak word nie,en wat nie daar is nie, kan glad nie getel word nie. 16  Toe het ek in my hart gesê: “Kyk! Ek het groot wysheid verkry, meer as enigiemand wat voor my in Jerusalem was.+ Ek* het baie wysheid en kennis verkry.”+ 17  Ek het my daarop toegelê om te verstaan wat wysheid is, wat malligheid*+ is en wat dwaasheid is. Dit is ook ’n gejaag na wind. 18  Want baie wysheid bring baie frustrasie. En die een wat kennis vermeerder, vermeerder pyn.+

Voetnote

Of “sameroeper”.
Of “Die grootste nietigheid”.
Of “winterstrome; seisoenale strome”.
Lett. “my hart daarop gerig”.
Lett. “My hart”.
Of “uiterste dwaasheid”.