Psalms 108:1-13

  • Gebed vir oorwinning oor vyande

    • Redding deur mense waardeloos (12)

    • “Deur God sal ons krag kry” (13)

’n Lied. ’n Melodie van Dawid. 108  My hart is standvastig, o God. Ek sal met my hele wese sing en musiek maak.+   Word wakker, o snaarinstrument, en jy ook, o harp.+ Ek sal die dagbreek wakker maak.   Ek sal u prys onder die volke, o Jehovah,en ek sal onder die nasies vir u lofliedere sing.*   Want u lojale liefde is groot, so hoog soos die hemel,+en u getrouheid strek tot aan die wolke.   Mag u hoog bo die hemel wees, o God. Mag u heerlikheid oor die hele aarde wees.+   Red ons met u regterhand en antwoord my+sodat u geliefdes gered kan word.   God het in sy heiligheid* gesê: “Ek sal van vreugde uitroep, ek sal Sigem+ as ’n erfdeel gee,en ek sal die Vallei van Sukkot afmeet.+   Giʹlead+ behoort aan my, en Manasʹse ook,en Eʹfraim is die helm* vir my kop.+ Juda is vir my die staf van ’n bevelvoerder.+   Moab is my wasbak.+ Op Edom sal ek my sandaal gooi.+ Ek sal van vreugde uitroep weens die oorwinning oor Filisteʹa.”+ 10  Wie sal my bring na die stad wat versterk is? Wie sal my tot by Edom lei?+ 11  Is dit nie u, o God, deur wie ons verwerp is nie,ons God, wat nie meer saam met ons leërmagte uitgaan nie?+ 12  Help ons in moeilike tye,+want redding deur mense is waardeloos.+ 13  Deur God sal ons krag kry,+ en hy sal ons vyande vertrap.+

Voetnote

Of “musiek maak”.
Of moontlik “in sy heilige plek”.
Lett. “vesting”.