Psalms 121:1-8

  • Jehovah beskerm sy volk

    • “My hulp kom van Jehovah” (2)

    • Jehovah slaap nooit nie (3, 4)

’n Lied van die opgange. 121  Ek kyk op na die berge.+ Waar sal my hulp vandaan kom?   My hulp kom van Jehovah,+die Maker van hemel en aarde.   Hy sal nooit toelaat dat jou voet gly* nie.+ Die Een wat jou beskerm, sal nooit lomerig wees nie.   Kyk! Die Een wat Israel beskerm,sal nooit lomerig wees of aan die slaap raak nie.+   Jehovah beskerm jou. Jehovah is die skaduwee+ aan jou regterhand.+   In die dag sal die son vir jou geen gevaar inhou nie,+en ook nie die maan in die nag nie.+   Jehovah sal jou teen alle gevare beskerm.+ Hy sal jou lewe bewaar.+   Jehovah sal jou beskerm in alles wat jy doen,*van nou af en tot in alle ewigheid.

Voetnote

Of “wankel”.
Lett. “jou uitgaan en jou ingaan bewaar”.