Psalms 125:1-5
’n Lied van die opgange.
125 Dié wat op Jehovah vertrou,+is soos die berg Sion, wat onbeweeglik isen vir ewig bly bestaan.+
2 Net soos berge Jerusalem omring,+so omring Jehovah sy volk,+van nou af en tot in alle ewigheid.
3 Die septer van goddeloosheid sal nie bly regeer oor die gebied wat aan die regverdiges toegewys is nie,+sodat die regverdiges nie begin doen* wat verkeerd is nie.+
4 Wees goed, o Jehovah, vir die goeies,+vir dié wat opreg van hart is.+
5 Wat dié betref wat ’n verkeerde weg inslaan,Jehovah sal hulle saam met die oortreders verwyder.+
Mag daar vrede oor Israel wees.
Voetnote
^ Of “nie hulle hande draai na”.