Psalms 130:1-8
’n Lied van die opgange.
130 Uit die dieptes roep ek tot u, o Jehovah.+
2 O Jehovah, hoor my stem.
Mag u ore aandag skenk aan my smekinge om hulp.
3 As u boekgehou het van* oortredings, o Jah,*wie sou dan kon bly staan, o Jehovah?+
4 Want by u is daar ware vergifnis,+en daarom het mense groot ontsag vir u.*+
5 Ek hoop op Jehovah, my hele wese hoop op hom.
Ek wag vir sy woord.
6 Ek wag gretig op Jehovah,+meer as wat wagte vir die oggend wag,+ja, meer as wat wagte vir die oggend wag.
7 Laat Israel op Jehovah bly wag,want daar is lojale liefde by Jehovah,+en hy het groot krag om te verlos.
8 Hy sal Israel van al hulle oortredings verlos.
Voetnote
^ Of “As u gelet het op”.
^ “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
^ Lett. “sodat u gevrees kan word”.