Psalms 139:1-24
Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie.
139 O Jehovah, u het my deursoek, en u ken my.+
2 U weet wanneer ek gaan sit en wanneer ek opstaan.+
U ken my gedagtes van ver af.+
3 U sien* my wanneer ek op reis is en wanneer ek gaan lê.
U is bekend met al my weë.+
4 Daar is nog nie ’n woord op my tong nie,maar u, o Jehovah, weet reeds wat dit is.+
5 U omring my, en u is voor en agter my,en u lê u hand op my.
6 Sulke kennis is vir my onbegryplik.*
Dit is te hoog vir my om te bereik.*+
7 Waarheen kan ek gaan om van u gees af weg te kom,en waarheen kan ek vlug sodat u my nie kan sien nie?+
8 As ek na die hemel sou opgaan, sou u daar wees,en as ek my bed in die Graf* sou maak, sou u selfs daar wees.+
9 As ek met die vlerke van die dagbreek sou wegvliegom by die mees afgeleë see te gaan woon,
10 sou u hand my selfs daar leien sou u regterhand my vashou.+
11 As ek sê: “Die duisternis sal my beslis wegsteek!”
dan sal die nag om my lig word.
12 Selfs die duisternis sou nie vir u te donker wees nie,maar die nag sou net so helder wees soos die dag,+en die duisternis is vir u net soos die lig.+
13 Want u het my niere gemaak.
U het my afgeskerm* in die baarmoeder van my ma.+
14 Ek prys u omdat ek op ’n ontsagwekkende manier wonderlik gemaak is.+
U werke is wonderlik.+
Ek weet dit alte goed.
15 Al my bene was vir u sigbaartoe ek in die geheim gemaak is,toe ek in die dieptes van die aarde geweef is.+
16 U oë het my selfs as ’n embrio gesien.
In u boek is al die dele daarvan neergeskryf,asook die dae toe hulle gevorm is,voordat enige van hulle bestaan het.
17 Hoe kosbaar is u gedagtes dus vir my!+
O God, hoe groot is die volle getal daarvan!+
18 As ek hulle probeer tel, is hulle meer as die sandkorrels.+
Wanneer ek wakker word, is ek nog steeds by u.*+
19 O God, as u die goddeloses maar net sou doodmaak!+
Dan sou die gewelddadige* mense van my af weggaan,
20 dié wat slegte* dinge teen u sê.
Hulle is u vyande wat u naam op ’n disrespekvolle manier gebruik.+
21 Haat ek nie dié wat u haat nie, o Jehovah,+en is dié wat teen u in opstand kom, nie vir my walglik nie?+
22 Ek voel niks behalwe haat vir hulle nie.+
Hulle het vyande vir my geword.
23 Deursoek my, o God, en ken my hart.+
Ondersoek my, en ken my angstige* gedagtes.+
24 Kyk of daar in my enige skadelike weg is,+en lei my+ op die weg van die ewigheid.
Voetnote
^ Lett. “meet”.
^ Of “te wonderlik”.
^ Of “te veel vir my om te begryp”.
^ Of moontlik “aanmekaargeweef”.
^ Of moontlik “sal ek nog steeds besig wees om dit te tel”.
^ Of “bloedskuldige”.
^ Of “volgens hulle idee”.
^ Of “verontrustende”.