Psalms 146:1-10

  • Vertrou op God, nie op mense nie

    • By dood kom mens se gedagtes tot einde (4)

    • God help mense op wat onder probleme gebuk gaan (8)

146  Loof Jah!*+ Laat my hele wese Jehovah loof.+   Ek sal Jehovah my hele lewe lank loof. Ek sal lofliedere sing* vir my God solank as wat ek lewe.   Moenie julle vertroue in magtiges* stel nie. Moenie vertrou op mense, wat nie redding kan bring nie.+   Sy gees* gaan uit, hy keer terug na die grond.+ Op daardie dag kom sy gedagtes tot ’n einde.+   Gelukkig is die een wat die God van Jakob as sy helper het,+wat sy hoop vestig op Jehovah sy God,+   die Maker van hemel en aarde,van die see en alles wat in hulle is,+die Een wat altyd getrou bly,+   die Een wat geregtigheid gee aan dié wat uitgebuit is,die Een wat brood gee aan dié wat honger is.+ Jehovah bevry die gevangenes.+   Jehovah maak die oë van die blindes oop.+ Jehovah help mense wat onder probleme gebuk gaan, om weer op te staan.+ Jehovah is lief vir die regverdiges.   Jehovah beskerm die uitlander. Hy ondersteun die weeskind en die weduwee,+maar hy laat die planne van die goddeloses misluk.*+ 10  Jehovah sal vir ewig Koning wees,+jou God, o Sion, van geslag tot geslag. Loof Jah!*

Voetnote

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
Of “musiek maak”.
Of “prinse”.
Of “asem”.
Of “maak die weg van die goddeloses krom”.
Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.