Psalms 37:1-40
Van Dawid.
א [Alef]
37 Moenie ontsteld wees as gevolg van goddelose menseof jaloers wees op dié wat slegte dinge doen nie.+
2 Hulle sal vinnig verlep, soos gras,+
en uitdroog soos groen, nuwe gras.
ב [Bet]
3 Vertrou op Jehovah en doen wat goed is.+
Woon op die aarde* en tree met getrouheid op.+
4 Vind jou grootste vreugde* in Jehovah,en hy sal jou die begeertes van jou hart gee.
ג [Gimel]
5 Laat jou weg aan Jehovah oor.*+
Vertrou op hom, en hy sal vir jou optree.+
6 Hy sal jou regverdigheid laat skyn soos die dagbreek,en jou geregtigheid soos die middagson.
ד [Dalet]
7 Bly stil voor Jehovah+en wag hoopvol* op hom.
Moenie ontsteld wees oor die manwat sy slinkse planne suksesvol uitvoer nie.+
ה [He]
8 Hou op om kwaad te wees en laat vaar die woede.+
Moenie ontsteld word en begin doen wat sleg is nie.*
9 Want goddelose mense sal vernietig word,+maar dié wat op Jehovah hoop, sal die aarde besit.+
ו [Waw]
10 Nog net ’n klein rukkie en die goddeloses sal nie meer bestaan nie.+
Jy sal kyk na die plek waar hulle was,en hulle sal nie daar wees nie.+
11 Maar die nederiges sal die aarde besit,+en hulle sal groot vreugde vind in die oorvloed van vrede.+
ז [Zajin]
12 Die goddelose beraam slinkse planne teen die regverdige.+
Hy kners sy tande vir hom.
13 Maar Jehovah sal vir hom lag,want Hy weet dat sy dag sal kom.+
ח [Get]
14 Die goddeloses trek hulle swaard uit en span* hulle boogom die onderdruktes en armes te laat val,om dié wat reg lewe, dood te maak.
15 Maar hulle swaard sal hulle eie hart deurboor.+
Hulle boog sal gebreek word.
ט [Tet]
16 Die bietjie van die regverdige is beteras die oorvloed van baie goddeloses.+
17 Want die arms van die goddeloses sal gebreek word,maar Jehovah sal die regverdiges ondersteun.
י [Jod]
18 Jehovah is bewus van wat die getroues deurmaak,*en hulle erfdeel sal vir ewig bestaan.+
19 Hulle sal nie verneder word in die tyd van rampspoed nie.
In die tyd van hongersnood sal hulle baie hê.
כ [Kaf]
20 Maar die goddeloses sal aan hulle einde kom.+
Die vyande van Jehovah sal soos pragtige weivelde verdwyn.
Hulle sal soos rook verdwyn.
ל [Lamed]
21 Die goddelose leen en betaal nie terug nie,maar die regverdige is vrygewig* en hou daarvan om te gee.+
22 Dié wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit,maar dié wat deur Hom vervloek word, sal vernietig word.+
מ [Mem]
23 Jehovah rig* die voetstappe van ’n man+wanneer Hy tevrede is met die weg wat hy volg.+
24 Al val hy, sal hy nie neergegooi word nie,+want Jehovah hou sy hand vas.*+
נ [Noen]
25 Ek was eens jonk en nou is ek oud,maar ek het nog nooit gesien dat ’n regverdige verlaat word+of dat sy kinders na brood* soek nie.+
26 Hy leen altyd vryelik uit,+en sy kinders sal geseën word.
ס [Samek]
27 Draai weg van wat sleg is en doen wat goed is,+en jy sal vir ewig bestaan.
28 Want Jehovah is lief vir geregtigheid,en hy sal nie sy lojales verlaat nie.+
ע [Ajin]
Hulle sal altyd bewaar word,+maar die nakomelinge van die goddeloses sal vernietig word.+
29 Die regverdiges sal die aarde besit,+en hulle sal vir ewig daarop lewe.+
פ [Pe]
30 Die mond van die regverdige dra wysheid oor,*en sy tong praat van geregtigheid.+
31 Die wet van sy God is in sy hart.+
Sy voetstappe sal altyd stewig gevestig wees.+
צ [Tsade]
32 Die goddelose hou die regverdige dop,op soek na ’n geleentheid om hom dood te maak.
33 Maar Jehovah sal hom nie in die hand van daardie een laat beland+of hom skuldig bevind wanneer hy geoordeel word nie.+
ק [Kof]
34 Hoop op Jehovah en volg sy weg,en hy sal jou die voorreg gee om die aarde in besit te neem.
Wanneer die goddeloses vernietig word,+ sal jy dit sien.+
ר [Resj]
35 Ek het gesien hoe die wrede, goddelose manuitsprei soos ’n groot, groen boom wat in die regte grond groei.+
36 Maar hy het skielik verdwyn, en hy was weg.+
Ek het hom bly soek, en hy kon nie gevind word nie.+
ש [Sjin]
37 Let op die een wat ’n rein lewe lei,*en kyk na die regverdige,+want die toekoms van so ’n man sal vreedsaam wees.+
38 Maar al die oortreders sal vernietig word.
Goddelose mense het geen toekoms nie.+
ת [Taw]
39 Die redding van die regverdiges kom van Jehovah.+
Hy is hulle vesting in moeilike tye.+
40 Jehovah sal hulle help en hulle red.+
Hy sal hulle van die goddeloses red en hulle verlos
omdat hulle beskerming by hom kom soek.+
Voetnote
^ Of “in die land”.
^ Of “Verlustig jou”.
^ Lett. “Rol jou weg op Jehovah”.
^ Of “geduldig”.
^ Of moontlik “Moenie ontsteld wees nie, want dit sal net lei tot iets skadeliks”.
^ Of “sit snare aan”.
^ Lett. “die dae van die opregtes”.
^ Of “goedhartig”.
^ Of “Jehovah maak . . . stewig”.
^ Of “ondersteun hom met Sy hand”.
^ Of “voedsel”.
^ Of “uiter wysheid met ’n gedempte stem”.