Psalms 5:1-12

  • Jehovah beskerm regverdiges

    • God haat goddeloosheid (4, 5)

    • “Lei my in u regverdigheid” (8)

Vir die musiekleier: Vir Nehilot.* ’n Melodie van Dawid. 5  Luister na my woorde, o Jehovah,+skenk aandag aan my wanneer ek sug.   Skenk aandag aan my geroep om hulp,o my Koning en my God, want ek bid tot u.   O Jehovah, u sal my stem in die oggend hoor.+ In die oggend sal ek u vertel wat my bekommer,+ en ek sal hoopvol wag.   Want u is nie ’n God wat bly is oor goddeloosheid nie.+ Niemand wat sleg is, mag by u bly nie.+   Niemand wat hoogmoedig is, mag in u teenwoordigheid staan nie. U haat almal wat goddeloos optree.+   U sal dié vernietig wat leuens vertel.+ Jehovah haat mense wat gewelddadig en bedrieglik is.*+   Maar danksy u groot lojale liefde+ sal ek in u huis ingaan,+en ek sal uit eerbiedige vrees vir u in die rigting van u heilige tempel* neerbuig.+   Lei my in u regverdigheid, o Jehovah, as gevolg van my vyande,maak u weg gelyk voor my.+   Want niks wat hulle sê, kan vertrou word nie. Daar is niks behalwe vyandigheid in hulle nie. Hulle keel is ’n oop graf,en hulle vlei met hulle tong.*+ 10  Maar God sal hulle skuldig verklaar. Hulle eie planne sal hulle ondergang veroorsaak.+ Mag hulle verdryf word as gevolg van hulle baie oortredings,want hulle het teen u in opstand gekom. 11  Maar almal wat beskerming by u kom soek, sal bly wees.+ Hulle sal altyd van vreugde uitroep. U sal hulle beskerm,*en dié wat u naam liefhet, sal bly wees as gevolg van u. 12  Want u sal almal seën wat regverdig is, o Jehovah,u sal hulle met goedkeuring omring soos met ’n groot skild.+

Voetnote

Of “’n man van bloedvergieting en bedrog”.
Of “heiligdom”.
Of “hulle gebruik ’n gladde tong”.
Of “toegang tot hulle versper”.