Psalms 51:1-19
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid, toe die profeet Natan na hom toe gekom het nadat Dawid seksuele omgang met Batseʹba gehad het.+
51 Betoon genade aan my, o God, in ooreenstemming met u lojale liefde.+
Wis my oortredings uit in ooreenstemming met u groot genade.+
2 Was my skoon van my oortreding,+en reinig my van my sonde.+
3 Want ek is deeglik bewus van my oortredings,en ek dink heeltyd aan my sonde.*+
4 Teen u – veral u* – het ek gesondig.+
Ek het gedoen wat sleg is in u oë.+
U is dus regverdig wanneer u praaten reg wanneer u oordeel.+
5 Ek is skuldig van geboorte af,en ek is sondig vandat my ma swanger geraak het met my.*+
6 Ek weet dat dit u bly maak wanneer daar waarheid in iemand se hart is.+
Leer my hart* ware wysheid.
7 Reinig my van my sonde met hisop, sodat ek rein kan wees.+
Was my, sodat ek witter as sneeu kan wees.+
8 Laat my geluide van vreugde en blydskap hoor,sodat al my bene wat u vergruis het, bly kan wees.+
9 Draai u gesig weg van my sondes af,+en vee al my oortredings uit.+
10 Skep ’n suiwer hart in my, o God,+en plaas ’n nuwe, standvastige gees in my.+
11 Moet my nie van u af wegstoot nie,en moenie u heilige gees van my af wegneem nie.
12 Gee my weer die vreugde van u redding.+
Gee my ’n begeerte om u te gehoorsaam.*
13 Ek sal oortreders u weë leer,+sodat sondaars tot u kan terugkeer.
14 Red my van bloedskuld,+ o God, die God van my redding,+sodat my tong u regverdigheid met vreugde kan verkondig.+
15 O Jehovah, maak my mond oop,sodat dit u lof kan verkondig.+
16 Want u wil nie ’n offerande hê nie – anders sou ek dit gee.+
’n Heelbrandoffer gee u geen vreugde nie.+
17 Die offerande wat vir God aangenaam is, is ’n gebroke gees.
O God, u sal nie ’n gebroke en verpletterde hart verwerp* nie.+
18 Doen wat goed is vir Sion, volgens u wil.
Bou die mure van Jerusalem op.
19 Dan sal u die offerandes van regverdigheid aanvaar,die brandoffers en die heeloffers.
Dan sal bulle op u altaar geoffer word.+
Voetnote
^ Of “my sonde is heeltyd voor my”.
^ Lett. “u alleen”.
^ Of “en in sonde het my ma met my swanger geraak”.
^ Of “my innerlike persoon”.
^ Lett. “Mag u my ondersteun met ’n gewillige gees”.
^ Of “verag”.