Psalms 54:1-7

  • Gebed vir hulp wanneer vyande dreig

    • “God is my helper” (4)

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. Maskil.* Van Dawid, toe die Sifiete gekom het en vir Saul gesê het: “Dawid kruip tussen ons weg.”+ 54  O God, red my deur u naam,+en verdedig my*+ met u krag.   O God, hoor my gebed,+en skenk aandag aan die woorde van my mond.   Want vreemdelinge staan op teen my,en wrede manne wil my doodmaak.+ Hulle het geen respek vir God nie.*+ (Sela)   Kyk! God is my helper.+ Jehovah is met dié wat my ondersteun.   Hy sal my vyande terugbetaal+ met hulle eie goddeloosheid. Maak ’n einde aan hulle* weens u getrouheid.+   Ek sal gewillig offerandes aan u bring.+ Ek sal u naam loof, o Jehovah, want dit is goed.+   Want hy red my van alle moeilikhede,+en ek sal sien hoe my vyande val.+

Voetnote

Of “bepleit my saak”.
Of “Hulle hou God nie voor hulle nie”.
Lett. “Maak hulle stil”.