Psalms 56:1-13
Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die stille duif in die verte”. Van Dawid. Miktam.* Toe die Filistyne hom in Gat gevange geneem het.+
56 Wees genadig teenoor my, o God, want die sterflike mens val my aan.*
Die hele dag lank veg hulle teen my en onderdruk hulle my.
2 Die hele dag lank val my vyande my aan.
Baie mense veg vol selfvertroue teen my.
3 Wanneer ek bang is,+ stel ek my vertroue in u.+
4 In God – wie se woord ek loof –in God stel ek my vertroue, en ek is nie bang nie.
Wat kan ’n mens* aan my doen?+
5 Die hele dag lank maak hulle moeilikheid vir my.
Al waaraan hulle dink, is om my kwaad aan te doen.+
6 Hulle kruip weg sodat hulle my kan aanval.
Hulle hou al my voetstappe dop+in die hoop om my dood te maak.+
7 Verwerp hulle as gevolg van hulle goddeloosheid.
Verslaan die nasies in u woede, o God.+
8 U hou rekord van hoe ek swaarkry as ’n vlugteling.+
Bewaar tog my trane in u leersak.+
Is hulle nie in u boek opgeteken nie?+
9 My vyande sal terugtrek op die dag dat ek om hulp roep.+
Ek is vol vertroue dat God aan my kant is.+
10 In God – wie se woord ek loof –in Jehovah – wie se woord ek loof –
11 in God stel ek my vertroue, en ek is nie bang nie.+
Wat kan ’n mens aan my doen?+
12 Ek is gebind deur my geloftes aan u, o God.+
Ek sal woorde van dank aan u offer.+
13 Want u het my van die dood gered+en gekeer dat my voete struikel,+sodat ek voor God in die lig van die lewendes kan loop.+