Psalms 60:1-12

  • God onderwerp vyande

    • Redding deur mense is waardeloos (11)

    • “Deur God sal ons krag kry” (12)

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die lelie van herinnering”. Miktam.* Van Dawid. Om te onderrig. Toe hy teen Aʹram-Naharaʹim en Aʹram-Soba geveg het, en toe Joab teruggekeer het en 12 000 Edomiete in die Soutvallei doodgemaak het.+ 60  O God, u het ons verwerp. U het deur ons verdediging gebreek.+ U was kwaad vir ons, maar aanvaar ons nou tog terug!   U het die aarde laat bewe. U het dit oopgekloof. Maak sy skeure reg, want dit stort ineen.   U het u volk laat ly. U het ons wyn laat drink wat ons laat slinger.+   Gee ’n teken* aan dié wat u vreesom te vlug en voor die boog pad te gee. (Sela)   Red ons met u regterhand en antwoord onssodat u geliefdes gered kan word.+   God het in sy heiligheid* gesê: “Ek sal van vreugde uitroep, ek sal Sigem as ’n erfdeel gee,+en ek sal die Vallei van Sukkot afmeet.+   Giʹlead behoort aan my, en Manasʹse+ ook,en Eʹfraim is die helm* vir my kop. Juda is vir my die staf van ’n bevelvoerder.+   Moab is my wasbak.+ Op Edom sal ek my sandaal gooi.+ Ek sal van vreugde uitroep weens die oorwinning oor Filisteʹa.”+   Wie sal my bring na die stad wat omsingel is?* Wie sal my tot by Edom lei?+ 10  Is dit nie u, o God, deur wie ons verwerp is nie,ons God, wat nie meer saam met ons leërmagte uitgaan nie?+ 11  Help ons in moeilike tye,want redding deur mense is waardeloos.+ 12  Deur God sal ons krag kry,+en hy sal ons vyande vertrap.+

Voetnote

Of moontlik “U het ’n teken gegee”.
Of moontlik “in sy heilige plek”.
Lett. “vesting”.
Of moontlik “versterkte stad”.