Psalms 61:1-8

  • God, ’n sterk toring teen vyande

    • ‘Ek sal ’n gas in u tent wees’ (4)

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. Van Dawid. 61  Hoor my geroep om hulp, o God. Skenk tog aandag aan my gebed.+   Van die eindes van die aarde af sal ek tot u roepwanneer my hart alle moed verloor het.*+ Lei my tot op ’n rots wat hoër is as ek.+   Want u is my skuilplek,’n sterk toring wat my teen die vyand beskerm.+   Ek sal vir ewig ’n gas in u tent wees.+ Ek sal in die skuilplek van u vlerke beskerming kom soek.+ (Sela)   Want u, o God, het my geloftes gehoor. U het aan my die erfdeel gegee wat behoort aan dié wat u naam vrees.+   U sal dae by die lewe* van die koning voeg,+en sy jare sal van geslag tot geslag wees.   Hy sal vir ewig op die troon sit* voor God.+ Laat u lojale liefde en getrouheid hom beskerm.+   Dan sal ek vir ewig liedere sing* om u naam te loof+terwyl ek dag ná dag my geloftes betaal.+

Voetnote

Of “swak word”.
Lett. “dae”.
Of “vir ewig woon”.
Of “musiek maak”.